Gesprek 3: Welstand, Geborgenheid tydens die feesseisoen

5 November 2025 om 12:00-13:00

Sprekers:  Hannes Noëth | Prof. Danie Goosen | Mariette Roos | Dr. Elmien Claassens

Agtergrond:

In ’n samelewing waar armoede, trauma en strukturele agteruitgang toenemend die welstand van gemeenskappe onder druk plaas, is dit belangrik om geborgenheid veral in die feesseisoen te bied. Welstand is ‘n boublok van gesonde gemeenskappe  – dit bemagtig individue, versterk gesinne en bou veerkragtige gemeenskappe wat nie net oorleef nie, maar floreer.

 

Tydens die feestyd, wanneer gemeenskappe saamkuier en familie sentraal staan, ervaar baie mense egter intense eensaamheid, verlies en emosionele afgematheid en lewensmoegheid. Om geborgenheid in hierdie tyd te bied is van groot belang, veral vir dié wat sonder hoop is.

Maatskaplike ondersteuning en geborgenheid help die hopeloses om weer hoop te vind en herinner hulle dat hul nie alleen is nie. Wanneer ons geborgenheid deur liefde en omgee skep, bou ons nie net die hopelose se veerkragtigheid nie, maar lê ons ook die grondslag vir sterk, gesonde gemeenskappe waarin elkeen gesien, gehoor en gedra word.

WhatsApp Image 2025-10-20 at 08.54.11

Registreer hier:

Naam en Van(Required)