Gemeenskapsontwikkeling-simposium
Hoekom die Gemeenskapsontwikkeling-simposium?
Ons gemeenskappe is die gom wat ons almal aan mekaar bind. Ons word omring deur ons leefgemeenskap, ons kerkgemeenskap, ons woonbuurtgemeenskap, ons volksgemeenskap, ons samelewingsgemeenskap. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar om gesonde, stabiele gemeenskappe te skep.
Wat bedoel ons as ons praat van gemeenskapsontwikkeling?
Duisende vrae kom op, soos: Wie moet wat bydra? Wie moet betrokke wees? Wie moet verantwoordelikheid neem vir wat?
Hoe meer 'n mens oor dié vrae begin dink, hoe moeiliker word die antwoorde. Maar iewers moet ons begin. Saam begin. Dit is nie 'n taak wat opgedra is aan een of twee, 'n instelling, 'n individu of spesifieke groep nie. Gemeenskapsontwikkeling is 'n opdrag aan ons almal. Ons wil graag in veilige, gesonde, stabiele gemeenskappe leef. Ons wil ons kinders grootmaak waar hulle kan woon en werk en leef en laat leef. Om dit te kan doen, moet ons ons gemeenskappe ontwikkel, versterk, bou en bewaar.
Laat ons bou en werk en so volhoubare voorspoed verseker. Laat ons saam dink, saam beplan, saam werk en ons besig hou met die ontwikkeling van ons gemeenskappe!
Organiseringskomitee
Simposiumorganiseerder: Wilmaré du Buisson
E-pos: [email protected]
Tel.: O12 111 8363
Gasvrou: Dr. Elsha Hermann, Hoof van Programme, Navorsing en Opleiding: Solidariteit Helpende Hand