
Hoekom Boustene vir goeie ouerskap?
Solidariteit Helpende Hand glo die vooruitgang van ons mense is afhanklik van gesonde verhoudings in gemeenskappe, daarom verskaf ons hierdie stukkie gereedskap as 'n bousteen vir gesonde gesinne.
Boustene vir goeie ouerskap is 'n gidsboek vir ouers. Dit is ontwerp om ouers te toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om sterk verhoudings met hul kinders te bou. Sterk, gesonde gesinne bou dan weer 'n sterk, gesonde gemeenskap.