Solidariteit Helpende Hand se #HelpHanna-projek is sedert 2015 besig om Afrikaner-meisies se selfbeeld te bevorder. Dié projek voorsien vir duisende behoeftige tienermeisies van sanitêre produkte. Vanjaar gaan 2700 meisie die nodige sanitêre ware danksy die #HelpHanna-projek ontvang. Daar is altesame 88 skole wat deel is van die projek.

Helpende Hand het in 2015 agtergekom dat tot 11% van meisies skool mis omdat hulle nie genoegsame sanitêre produkte het nie. Hulle bly by die huis om die vernedering te vermy, maar ook omdat hulle te skaam was om vir hulp te vra.

Volgens Lizelle Joubert, projekorganiseerder, is die projek sedert 2015 een van Helpende Hand se vlagskipprojekte. “Die #HelpHanna-projek is baie spesiaal vir Helpende Hand, veral omdat ons kan sien dat die projek meisies help. Toe ons in 2015 begin het, het ons navorsing getoon dat meer as die helfte van meisies nie selfvertroue het om te gesels oor sanitêre produkte nie. Verlede jaar het 70% van die meisies aangedui hulle voel gemaklik met die onderwerp.”

“Die groot tragedie van meisies wat nie genoegsame produkte het nie, is dat dit ’n maandelikse herinnering is dat hulle anders is. Dat hulle arm is en dit maak hierdie moeilike tyd in ’n dogter se lewe net nog moeiliker,” sê Joubert.

Om by te dra tot die projek en daarmee seker te maak meisies kry die geleentheid om skool te gaan, SMS die woord “Hanna” na 38969. Vir meer inligting gesels gerus met Lizelle Joubert op 012 644 4390 of stuur ’n epos na [email protected].

 

Kry ons nuus eerste!
Teken in op ons nuusbrief om al die nuutste ontwikkelinge van Solidaritet Helpende Hand te kry!
Teken in
Sien uit om jou te ontmoet!
close-link

Besonderhede van Donasie:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Studiefondssentrum

Laai die bankbesonderhede hier af: klik hier

Kontakbesonderhede:

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
webwerf: https://studiefonds.co.za

Hoof van Studiefondsentrum 

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
Sel: 076 424 1400