Skip to content

Hoekom my vakansie opoffer vir ’n internskap?

Studente wat pas hul studies voltooi het, kry dikwels ’n skok wanneer hul begin werk. Hulle besef gou dat hul nie heeltemal voorbereid was op die uitdagings van die werkende wêreld nie. Hoe kan ’n student dan beter voorberei vir die werksplek?

PPS het in hul studentevertroueindeks vir 2017 bevind dat 80% van Suid-Afrikaanse studente meen hul graad berei hulle voldoende voor op hul beroep. PPS se nagraadse professionele indeks wys egter dat net 23% van hul professionele persone die siening deel.

Afgestudeerde studente besef baie gou dat hul nie heeltemal voorbereid was op die uitdagings van die werkende wêreld nie. Die hoofrede hiervoor, is die kloof tussen die teorie wat die tersiêre instellings leer en die uitvoer daarvan in die praktyk. Dis waar internskappe inkom. Dis die brug om op die langduur die student te begelei van die teorie na praktyk. Hoe gouer en hoe meer werkservaring opgedoen word, hoe groter is die kans dat student voorbereid sal wees vir die oorgang na die werksplek.

’n Volgende voordeel van internskappe, dit help ’n student om te bepaal watter industrie hul die beste sal inpas. Verder kan dit ’n student help om ’n voet in die deur te kry by ’n organisasie waar hul moontlik eendag wil gaan werk.

Solidariteit Helpende Hand het ’n baie opwindende internskap gedurende die Julie-vakansie vanaf 2 – 13 Julie 2018. Die program word aangebied in Kloofsig, Centurion en verblyf sal aan die interns verskaf word. Ondervinding sal opgedoen word in die sosiale sektor. Het jy ’n passie vir projekorganisering, joernalistiek, skakelwerk, sosiale media? Of selfs vir grafiese ontwerp of bemarking? Doen vandag nog aansoek! Stuur jou CV en die posisie waarvoor jy aansoek doen na [email protected] voor of op 23 Mei 2018.