HOOPDRAERS

Hilde Kruger, 2024

Wanneer die ligte af gaan, maar niemand dit sien nie.

En die stilte begin skree, maar niemand dit hoor nie.

Harte met gate in …

Bejaardes wat lanklaas kon sing …

Onsekerhede met vrae wat oorloop …

Leë oë vol wanhoop en vals hoop.

Donker wolke sonder silwer rande …

Hoe sal ons leef in ’n wêreld sonder ’n helpende hand?

Daar is mense met overalls aan …

Neem hul hande, dis tyd om op te staan.

Die laaste opsie, wat jou eerste kon wees.

’n Stem vir die kinders wat vergeet het hoe om kind te wees …

Tel mekaar op en laat mense in,

Sorg dat die verskil by jou begin.

Kyk na jou buurman en die een wat agter jou loop …

Met gemeenskapsontwikkeling skep ons weer hoop.

Staan vas …

Staan sterk …

God is besig om deur ons te werk.

Ons is kampvegters en fakkeldraers,

Die Hoopdraers van hoop.

Die maatskaplike werkers wat saam met jou die pad sal loop.

Artikel geplaas in ,