Skip to content
aigpleg

Onderteken dié Plegverklaring as Hoofborg en jou naam gaan saam met die Afrikaans Is Groot-borge op die skerms by AiG verskyn!

Plegverklaring: Ek ondersteun #JouAiG!

Ek is ’n HOOFBORG van AiG!

Ek het ’n kontrak met my taal, my kultuur, my mense en my Afrikaans is Groot!

  • *Hiermee gee ek toestemming dat my naam by die plegverklaring gevoeg mag word vir die #JouAIG-inisiatief.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Die publiek is en gaan vir altyd die hoofborg van die Afrikaans is Groot (AiG)-vertonings bly.

Daarom het AiG saam met Helpende Hand die #JouAiG-veldtog van stapel gestuur om klem te plaas op die eienaarskap wat die publiek in die AiG-ervaring het.

’n Eksklusiewe vertoning, genaamd #JouAiG, word op 28 November 2019 gehou waar 6 000 kaartjies teen R700 elk aangebied sal word om as hoofborg in te staan. Elke kaartjie wat verkoop word sal dien as ’n bydrae tot die bestaan van AiG en elke kaartjiehouer van dié konsert sal ’n hoofborg van die konsert wees. Winste van die aand word ook aan Helpende Hand bemaak.

Elke hoofborg se naam sal op die skerms by die konserte vertoon word en in ’n spesiale AiG-2019 program verskyn. Hoofborge se name sal ook deel vorm van die Afrikaans is Groot-handelsmerk. Kaartjies vir die #JouAiG-vertoning sal van 29 Maart om 10:00 slegs by Computicket beskikbaar wees.

Deel jou steun met die AiG-kunstenaars soos Steve, Riana, Jay, Demi Lee en Karlien deur dié #JouAiG-plegverklaring te onderteken.

Onderteken die plegverklaring en ons stuur vir jou meer inligting aan oor die vertoning.

AIG kaartjies besikbaar in: