Skip to content

Kinderwagkamer by Ermelohof kry nuwe vere

Solidariteit Helpende Hand se Projek van die Maand is Ermelo se opknappings by die Ermelo Kinderhof as deel van die MyHeld-projek. Die doel van die projek was om die aanmelding van misdade vir kinders so pynloos as moontlik te maak.

Na ‘n besoek aan die Ermelo Kinderhof as deel van die MyHeld-projek het die Helpende Hand-tak op Ermelo besef dat die kinderwagkamer opgeknap moes word. Ou selle word gebruik as wagkamers vir kinders wat moet gaan getuig. Die toestand van die selle het die tak aan die hart gegryp.

Die wagkamer is nie genoegsaam toegerus om te verseker dat die kind nie verder geïntimideer word nie. Dit is onaanvaarbaar dat kinders emosionele skade ly wanneer hulle die misdade aanmeld wat teen hulle gepleeg is. Die kinderwagkamer dien ook as stoorkamer vir skoonmaakmiddels wat ‘n groot veiligheidsrisiko ingehou het.

Die tak het die gevaar besef en ‘n muur opgerig om die twee vertrekke van mekaar te skei. Daarna is die verfkwaste ingespan en die vertrek is gou in vriendeliker omgewing omskep.
Ou meubels is herstel en ‘n klimraam pryk waar daar eens net rommel wasDie selle was koud en baie onpersoonlike en het terselfdertyd ook as stoorkamer vir die skoonmaakmiddels van die hof en as ruskamer vir skoonmakers gedien.

’n Muur is opgerig om die skoonmakers se ruskamer en die wagkamer van mekaar te skei. Die area buite die hof is ook opgeknap om dit meer kindervriendelik te maak. Die fisiese opruim en regmaak het op Vrydag, 28 Augustus begin en binne 3 dae afgehandel. Die twee opeenvolgende weke is matrasse, skryfbehoeftes en DVD’s daarheen gebring en die koppeling van mediatoerusting gedoen.

Die gemeenskap se ondersteuning by wyse van skenkings het die tak in staat gestel om van hierdie projek ’n groot voelgoedprojek te maak.

Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede. Vir meer inligting oor die goeie werk wat die tak doen, of om betrokke te raak by die Ermelo-tak, kontak Annaliza Mentz 082 861 1100.

wag Kinderwag2