Logo_KongresLank
Logo_KongresLank

Liewe Helpende Hand-tak, -vrywilliger, -dorpsverteenwoordiger, Ons Winkel-kontrakteur

Ons is opgewonde om van 2-4 Junie 2022 weer ’n nasionale kongres aan te bied en ons nooi jou graag uit om saam met ons te kom dink, werk, praat en beplan aan hoe ons as Helpende Hand volhoubare voorspoed in ons gemeenskappe kan verseker.

Ons agenda is lank – nie vir die kongres nie, maar vir die land waarin ons woon en werk. Ons moet baie uitdagings trotseer en dinge doen. Helpende Hand het ’n reuseverskil gemaak vandat ons in 2018 saam kongres gehou het, en ons wil nog sterker vorentoe beur.

Ons werk met hart, in krag, tot hoop, maar ons moet ook voorspoed verseker vir ons mense.

Ons kombineer ons kongres vanjaar ook met die Solidariteit Beweging se 120ste verjaarsdagviering wat 4-5 Junie 2022 sal plaasvind.

“Om saam te dink, maak ’n mens sterker as wanneer jy alleen dink. Om saam te werk, maak ’n mens sterker as wanneer jy alleen werk. Kom dink en werk saam op die Solidariteit Helpende Hand Verseker Voorspoed Kongres 2022.” – Hannes Noëth

“Verseker volhoubare voorspoed deur volle vermoë te verwesenlik.” – Flip Buys.

Hier is alles wat jy moet weet

Solidariteit Helpende Hand Verseker Voorspoed Kongres 2022

2-4 Junie 2022

2-3 Junie: Doxa Deo Raslouw, Alettastraat 178, Centurion, Pretoria, 0157

2 Junie: ± 11:00-17:00

3 Junie: ± 08:00-17:00

4 Junie: Ons gaan die oggend onder leiding van Hannes Noëth op ’n toer na Krugerkerk/Krugerhuis. Meer inligting hieroor volg nader aan die tyd.

Solidariteit Beweging se 120ste verjaarsdagviering

Voortrekkermonument: Eeufeesweg, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0027

4 Junie: ± 15:00-20:00

5 Junie: Dankdiens die oggend

Ons vervleg dus die twee geleenthede en alle vrywilligers, dorpsverteenwoordigers en winkelkontrakteurs van alle streke word sterk aangemoedig om alle aktiwiteite van 2 tot 5 Junie by te woon.

Koste

Hoofkantoor dra die koste van die eerste taklid wat per tak bespreek. Die tweede taklid sal deur streekfondse gedra word en addisionele taklede deur takfondse.

2-5 Junie

Drie opsies is beskikbaar:

  1. Kongres: R750
  • Alle middag- en aandetes ingesluit (ontbyte en Saterdagaandete uitgesluit)
  • Verblyf en vervoer uitgesluit

 

  1. Kongres + verblyf: R2 500
  • 3 nagte se bed en ontbyt
    • ANEW Hotel Centurion of Road Lodge Centurion
    • Twee persone deel ’n kamer met twee enkelbeddens (Indien jy nie gelukkig is met die verblyf nie, is jy welkom om jou eie verblyf te reël.)
  • Alle etes ingesluit (behalwe vir Saterdagaand)
  • Vervoer uitgesluit

 

  1. Kongres + verblyf + vlugte: R6 000
  • 3 nagte se bed en ontbyt
    • ANEW Hotel Centurion of Road Lodge Centurion
    • Twee persone deel ’n kamer met twee enkelbeddens (Indien jy nie gelukkig is met die verblyf nie, is jy welkom om jou eie verblyf te reël.)
  • Alle etes ingesluit (behalwe vir Saterdagaand)
  • Vlugte ingesluit

*Streke wat nie van vlugte gebruik maak nie maar wel moet reis se reiskoste sal afsonderlik hanteer word. Die eerste taklid se vervoer sal gedra word. Aangesien karre volgemaak kan word, sal daar saam besluit word hoeveel reiseise deur hoofkantoor gedra sal word.

*Indien taklede eie verblyf in en vervoer na Pretoria kan reël, sal dit wonderlik wees! Dan kan hulle van Opsie 1 gebruik maak om die kongreskoste te dek.

Aangesien Helpende Hand Sake later vanjaar hul eie kongres hou, kan hoofkantoor ongelukkig nie alle uitgawes vir Ons Winkel-kontrakteurs dra om hierdie kongres by te woon nie. Opsie 1 is egter wel vir Ons Winkel-kontrakteurs beskikbaar.

 

Opsie 1:

Kongres: R750

  • Alle middag- en aandetes ingesluit (ontbyte en Saterdagaandete uitgesluit)
  • Verblyf en vervoer uitgesluit

Die kongreskoste van R750 sal deur Helpende Hand Sake, namens die kontrakteur betaal word. Reis en verblyf sal vir jou eie rekening wees.

Goeiedag Neem asb. kennis tad die registrasies vir die Kongres reeds gesluit is. Baie dankie