Kosblikkie-projek
Doen aansoek vir kosblikkie 2024
Die "kosblik" dien as simbool van kleutervoeding. Sonder genoegsame voeding kan kleuters nie optimaal funksioneer en ontwikkel soos hulle moet nie. Die hooffokus van dié projek is dus om kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums, laerskole en kinderhuise met voeding te ondersteun.
Die Kosblikkie-projek is egter meer as net ʼn voedingsprojek. Met dié projek bou ons reeds op 'n vroeë stadium aan ons jeug se toekoms en poog om kinders so te bemagtig dat hulle nooit in armoede sal verval nie.
Die Kosblikkie-projek se aansoeke is oop vir kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums, gr. R- en gr. RR-klasse van laerskole asook kinderhuise. Indien die instansie se aansoek suksesvol is, sal die skool in 2024 voedingshulp van Helpende Hand ontvang.
Teikengroep:
- Kinders in kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums wat 2 jaar of ouer is
- Slegs gr. R- en gr. RR-klasse in laerskole
- Kinderhuise
Vul asseblief die aansoekvorm so volledig as moontlik in. Indien u oor enigiets onseker is, stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected].
Sorry. This form is no longer available.