Aansoek vir Kosblikkie

DOEN AANSOEK VIR KOSBLIKKIE 2026

Die "kosblik" dien as simbool van kleutervoeding. Sonder genoegsame voeding kan kleuters nie optimaal funksioneer en ontwikkel soos hulle moet nie. Die hooffokus van diƩ projek is dus om kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums, laerskole en kinderhuise met voeding te ondersteun.

Die Kosblikkie-projek is egter meer as net 'n voedingsprojek. Met diƩ projek bou ons reeds op 'n vroeƫ stadium aan ons jeug se toekoms en poog om kinders so te bemagtig dat hulle nooit in armoede sal verval nie.

Die Kosblikkie-projek se aansoeke is oop vir kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums,
gr. R- en gr. RR-klasse van laerskole asook kinderhuise. Indien die instansie se aansoek suksesvol is, sal die skool in 2026 voedingshulp van Helpende Hand ontvang.

Teikengroep:

  • Kinders van 4 tot 6 jaar oud in kleuterskole, nasorg- en gemeenskapsentrums en kinderhuise
  • Slegs gr. R- en gr. RR-klasse in laerskole

Vul asseblief die aansoekvorm so volledig as moontlik in. Indien u oor enigiets onseker is, stuur gerus 'n e-pos na danelle@helpendehand.co.za.

Kosblikkie 2026