Lektor en programkoördineerder (Versorgingsassistent-kursus en kortkursusse)

Lektor en programkoördineerder (Versorgingsassistent-kursus en kortkursusse)

Aansoeke Sluit OP: 19 November 2025

Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut (SHHOI) het tans 'n voltydse pos vir 'n lektor beskikbaar. Die persoon sal verantwoordelik wees vir die beplanning, organisering, aanbieding en evaluering van programinhoud en leermateriaal vir die versorgingsassistent-program en kortkursusse. Die pos is gebaseer op die SHHOI-kampus in Pretoria-Oos, maar daar sal van die persoon verwag word om ten minste een keer per week by die Helpende Hand Hoofkantoor in Centurion te werk.

Minimumvereistes vir hierdie pos sluit die volgende in:

  • 'n Toepaslike, relevante kwalifikasie in verpleegkunde
  • Akkreditasie om Noodhulp Vlak 2 aan te bied sal tot jou voordeel strek

Die pos behels onder meer dat die kandidaat verantwoordelik sal wees vir die volgende:

  • Implementering en aanbieding van die kursus vir versorgingsassistente
  • Implementering en aanbieding van kortkursusse
  • Ondersteuning van die kurrikulumontwikkelaar en administratiewe koördineerder met die beplanning en koördinering van programinhoud en leermateriaal vir kortkursusse
  • Ondersteuning van die kurrikulumontwikkelaar en administratiewe koördineerder met die voorbereiding van programmateriaal, leermateriaal en verslae vir die versorgingsassistent-kursus
  • Verseker dat alle studentelêers, leermateriaal en dokumentasie gereeld bygewerk word en voldoen aan institusionele en akkreditasie-standaarde
  • Deurlopende programevaluering om uitnemendheid te bevorder
  • Ontwikkeling en implementering van beleide en prosedures wat van toepassing is op die program
  • Organisering en verskaffing van direkte leiding aan studente en skakeling tussen studente en die instansies waar hulle prakties doen
  • Organisering en koördinering van seminare, werkswinkels en kortkursusse
  • Ondersteuning met die organisering van institusionele funksies en die uitvoering van projekte
  • Skepping van inhoud vir werwing en bemarking van opleidingsgeleenthede
  • Reëling vir beroeps- en akademiese berading waar nodig

Die volgende vaardighede en eienskappe is noodsaaklik vir hierdie posisie:

  • Vyf (5 ) jaar ervaring in verpleegkunde; dit sal tot jou voordeel strek as 1-2 jaar daarvan in programkoördinering is
  • Relevante werk in opleiding, beplanning, organisering en evaluering van opleidingsprogramme