Liewe Leser
Ons leef in ‘n wêreld waar onsekerheid, onreg en bekommernis soos ‘n swaar kombers oor ons daaglikse lewe lê. Ons hoor dit in die stemme van jongmense wat ophou vrae vra en sien dit in die oë van moeders, in die moegheid van die gemeenskap wat al so baie moes verdra. Ja, ons land is in ‘n krisis – ‘n leierskapkrisis in gemeenskappe en harte.
Ondanks al die gebrokenheid en vernietiging moet ons aanhou werk aan ‘n volhoubare toekoms.
Hoop is nie blinde optimisme of die vermyding van die werklikheid nie. Ware hoop is ‘n moedige daad. Dit is die wete dat goedheid, geregtigheid en ‘n nuwe begin moontlik is, dat ons elke dag ‘n geleentheid het om met klein liefdesdade saam te werk en bou.
In Prediker 4:12 (AFR83) word dit met die beeld van die driedubbele tou bevestig:
“Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.”
Die Toekomsberaad is nie net ‘n byeenkoms of gesprek nie; dis ‘n geleentheid wat jou daaraan herinner dat daar krag in die gemeenskap is en dat ons nie die toekoms moet vrees nie, maar eerder aktief betrokke moet raak.
Daar is hoop, omdat ons hier is!
Hilde
Solidariteit Helpende Hand
Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5
