Liewe Leser
In my laerskooldae het ons nie selfone gehad nie. Tydens pouses het ons op ons verbeelding staatgemaak en aan vele speletjies soos rekspring, wegkruipertjie en albasters deelgeneem.
In die klas was ons besonder kreatief. Ons het selfs by mekaar geleer hoe om papiervliegtuie en waarsĂȘers te vou. Wanneer die klas stil is en ons almal moet werk, het van ons gewaag om klein briefies aan ons klasmaats te skryf. Soms het ons maats langs ons gesit en was dit vir hulle maklik om die brief oop te maak en te lees, maar in ander gevalle moes ons op ons klasmaats staatmaak om die briefie heen en weer aan te stuur sonder dat die onderwyser dit agterkom.
Wie kan nou die opwinding vergeet van ‘n opgevoude briefie wat stilletjies onder ‘n skoolbank aangestuur word of agter in ‘n werkboek weggesteek is vir ‘n skoolmaat om dit later te lees? Daar was altyd ‘n tikkie spanning en die opgewondenheid oor wat daardie paar sinnetjies sou sĂȘ: “Hou jy van my? Merk ja of nee.” of “Waar sit ons pouse?”
Soms het die juffrou ons uitgevang, dan moes ons voor die hele klas opstaan en die brief met rooi wange hardop lees. Maar daardie briefies was nie net speletjies nie; dit was eerder die boustene van jong vriendskappe, eerste liefdes, en ‘n manier om ons harte op papier uit te druk.
Selfs nou, jare later en in ‘n wĂȘreld met selfone, is daar mense wat daardie stukkies papier steeds in ou skoenbokse of laaie bewaar, juis omdat dit ‘n tasbare herinnering aan ‘n eenvoudiger tyd is.
Mag ons nooit vergeet hoe kosbaar dit was nie â en dalk selfs vandag weer ‘n briefie vir iemand begin skryf.
Hilde
Solidariteit Helpende Hand
Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5
