Liewe Leser Die Bundel
Briewe bly 'n tydlose manier om harte bymekaar te bring en ons briewebundel bring hierdie erfenis op ‘n digitale wyse terug. Ons elkeen stap ons eie pad en skryf aan ons eie stories. My wens vir jou is dat jy Liewe Leser saam met jou sal neem. Dis briewe vir die pad, geskryf deur ‘n penmaat wat vir jou hoop wil gee.
Dit verskaf my groot vreugde om hierdie aflaaibare briewebundel gratis aan jou beskikbaar te stel en so welstand in die gemeenskap te bevorder.
Deel die skakel met jou vriende, lees die briewe op jou eie tyd en skryf asseblief vir my terug as jy so voel.
Vriendelike groete
Hilde Kruger
Helpende Hand
Wil jy graag die PDF weergawe aflaai?
Klik hier en kry die hele Liewe Leser Bundel in 'n PDF formaat.