Baie-welkom
posseel-870x1024

LIEWE LESER

Liewe Leser

Baie welkom. Ek is bly jy is hier.

Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.

Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.

Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.

Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.

Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.

Hilde
Helpende Hand

VERSTERK JOU GREEP HIER

LEES BRIEWE

#LieweLeser

18 September, 2023

Brief 32 As ek myself in een sin moet opsom sal dit die volgende wees: Ek is ‘n nuuskierige grafiese ontwerper met ’n voorliefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-erfenis. My ouers het ’n punt daarvan gemaak om my van kleins af van die Afrikaner-geskiedenis te leer en ook om dit…

#LieweLeser

11 September, 2023

Brief 31 In my kinderdae het ek gereeld wegkruipertjie in die tuin gespeel: Sorgeloos, kaalvoet en vol adrenalien. Wanneer dit my beurt was om weg te kruip, het ek myself klein gemaak, geduldig gewag en gereed gestaan om te hardloop as iemand my sou vind. Dit is duidelik dat ek…

#LieweLeser

31 August, 2023

Brief 30 Dis geen geheim dat beurtkrag deel van die nuwe normaal geword het nie. Wanneer een lig aan gaan, is die kanse goed dat iemand anders se lig met opset afgeskakel is – selfs al betaal jy die astronomiese kragrekening aan die einde van die maand. Ek weet. Dit…

#LieweLeser

28 August, 2023

Brief 29 In een van my boekrakke is daar ‘n reeks visuele dagboeke waaraan ek deur die jare gewerk het. ‘n Visuele dagboek gee jou die geleentheid om jou dag visueel uit te beeld. In plaas van skryf, vertel jy eerder met behulp van ’n prentjie hoe jou dag deur…

#LieweLeser

21 August, 2023

Brief 28 Gedurende die pandemie het ek vir ‘n paar jaar in die Paarl gebly. Soms weet ons nie waarom ons is waar ons is nie, daarom soek en dink ons gereeld aan moontlike antwoorde vir dit waaroor ons wonder. Met ‘n familie wat sowat duisend kilometer ver van my…

#LieweLeser

10 August, 2023

Brief 27 Met alles wat in die wêreld aangaan, is ek gemaklik om te sê dat die lewe as ’n dinamiese reis gesien kan word. ’n Lewenspad is vol kinkels, uitdagings, verrassings en draaie. Soms stap ons ons paaie alleen en soms kruis dit met dié van mense wat vir…

#LieweLeser

7 August, 2023

Brief 26 Ek het al baie oor my roeping gewonder en mettertyd besef dat ons roeping nie net gaan oor dit wat ons wil bereik nie, maar eerder om te verstaan waarom ons bestaan en hoe ons tot die gemeenskap kan bydra. Ons roeping oortref ons begeertes en verwagtinge, want…

#LieweLeser

31 July, 2023

Brief 25 Ek het ’n groot waardering vir ons Afrikanergeskiedenis, daarom gryp ek graag die geleentheid aan om besoek af te lê by monumente en geskiedkundige geboue in my omgewing. Op die vooraand van Vrouemaand dink ek gereeld aan my eerste besoek aan die Vrouemonument in Bloemfontein en die optog…

#LieweLeser

24 July, 2023

Brief 24 Een van die baie lewenslesse wat ek al in my lewe geleer het is dat die kanse goed is dat jy baie meer dinge sal regkry as jy luister met die doel om te verstaan en met gesag reageer wanneer iemand met jou praat. In ‘n wêreld waar…