Baie-welkom
posseel-870x1024

LIEWE LESER

Liewe Leser

Baie welkom. Ek is bly jy is hier.

Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.

Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.

Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.

Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.

Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.

Hilde
Helpende Hand

VERSTERK JOU GREEP HIER

LEES BRIEWE

#LieweLeser

17 July, 2023

Brief 23 Verlede week sit ek alleen in ‘n plaaslike koffiewinkel en hou die res van die wêreld voor my dop. Een vrou vang my oog. Sy sit alleen en staar nikssiende voor haar uit. Sy is teenwoordig, maar ook afwesig. So asof die wêreld om haar verdwyn het en…

#LieweLeser

6 July, 2023

Brief 22 My ouma was ‘n bedrywige plaasmens wat nooit vir werk geskrik het nie. As jy haar sien, was sy op haar voete en was haar hande besig met van tuinmaak tot kosmaak. Een van die take wat sy dikwels aangepak het, was om konfyt te kook. Waar sy…

#LieweLeser

3 July, 2023

Brief 21 My oupa was ‘n bosbouer in Tsitsikamma. Ongelukkig is hy vroeg in my kinderdae oorlede en het ek nie die voorreg gehad om hom te leer ken nie, daarom maak ek staat op stories en houtprojekte wat hy aangepak het om uit te vind watter soort mens hy…

#LieweLeser

19 June, 2023

Brief 20 Liewe Pa Ek skryf vir pa ‘n dankie-brief. Geen versuikerde woorde nie. Opreg en reguit – net soos wat pa dit verkies. Ek het al baie dinge by Pa geleer. Soms van sien en soms van hoor. “Elke besluit het gevolge. Wees versigtig vir skape, want soms is…

#LieweLeser

12 June, 2023

Brief 19 Vadersdag is om die draai, daarom voel ek dat dit gepas is om my gunstelingfoto van my en my pa met jou te deel. Ek was een jaar oud en dit was my eerste seevakansie saam met my ouers. Omdat ek so nuuskierig oor die lewe is, het…

#LieweLeser

5 June, 2023

Brief 18 As kind het ek gereeld my Desembervakansies op my grootouers se plaas deurgebring. Vandag bly dit een van my gunstelingplekke, want daar was ek kaalvoet, kilometers weg van die lewe se gejaag en sorgvry. Net langs die plaas is ‘n woud. En anderkant die woud was ‘n klein…

#LieweLeser

15 May, 2023

Brief 17 Dit is ‘n feit dat die gebruik van woorde ‘n groot impak op ons gemoed kan hê. Soms gebruik ons dit om heel te maak en soms om seer te maak. Ironies genoeg is dit die woorde wat die seerste maak wat die neiging het om ons die…

#LieweLeser

15 May, 2023

Brief 16 Ek lees onlangs ‘n anonieme plasing wat verduidelik dat ons nooit mense se teenwoordigheid in ons lewens moet onderskat nie, want goeie mense gee vir ons vreugde, minder goeie mense gee vir ons ervaring, mense wat ons skade berokken leer vir ons lesse, en die heel beste: Alle…

#LieweLeser

15 May, 2023

Brief 15 Liewe Moeder Vandag skryf ek ‘n brief met die hoop dat die regte woorde my pen sal bereik nog voordat die ink in ‘n handgemaakte kaartjie insink.  Ek moet bieg: Sonder Ma se hulp is dit moeilik om te verduidelik wat ek eintlik wil sê. Miskien sê ek…