LIEWE LESER
Liewe Leser
Baie welkom. Ek is bly jy is hier.
Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.
Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.
Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.
Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.
Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.
Hilde
Helpende Hand
VERSTERK JOU GREEP HIER
LEES BRIEWE
#LieweLeser
LIEWE LESER BRIEF 5 Een van die onderliggende behoeftes waarmee ons almal sit, is om iewers te hoort. Ons heg waarde aan plekke, want dis waar die herinneringe geskep is. Vandag skroom ons nie om foto’s te neem nie – hoofsaaklik omdat ons die herinneringe graag sal wil saamneem en…
#LieweLeser
LIEWE LESER BRIEF 4 In my kinderdae was ek ‘n nuuskierige kleinkind met ‘n groot lus vir die lewe. Ek het baie vrae gehad, altyd kaalvoet geloop en dikwels kanse gewaag. My ouma het dit geweet en die lewe vir my interessant gehou. Soms het sy lekkertjies in ‘n skoon…
#LieweLeser
LIEWE LESER BRIEF 3 Valentynsdag lê op die drumpel en alhoewel dié maand in die besonder ‘n romantiese ondertoon het, weet ons dat die afwesigheid van liefde onmiskenbaar kan wees. Om jou naaste soos jouself lief te hê, is uitdagend – veral as jy nie jouself lief het nie. Soms…
#LieweLeser
LIEWE LESER BRIEF 2 Met Januarie wat agter ons is, verwelkom ons Februarie met ope arms. Een van my pogings is om suiwer Afrikaans te gebruik met die doel om dit by ander mense aan te moedig. Helpende Hand doen dit ook. Interessant genoeg is Afrikaans die enigste taal ter…
#LieweLeser
LIEWE LESER BRIEF 1 Uit ‘n swaar pen, hoop ek dat hierdie brief jou eendag sal bereik soos wat dit my verlaat. Jy het al baie briewe ontvang, maar as jy mooi lees, sal jy agterkom dat hierdie brief kan praat. In ‘n wêreld wat besig is om te verkrummel,…
