LIEWE LESER
Liewe Leser
Baie welkom. Ek is bly jy is hier.
Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.
Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.
Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.
Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.
Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.
Hilde
Helpende Hand
VERSTERK JOU GREEP HIER
LEES BRIEWE
Brief 124: Liewe oom Paul
Liewe oom Paul Ek skryf hierdie brief met groot bewondering vir u onwrikbare toewyding aan u volk. U lewe en leierskap het vir geslagte ‘n voorbeeld gestel van moed, deursettingsvermoë en ‘n diep liefde vir die grond waarop ons voete staan. As ek so na Oom se storie kyk, het…
BRIEF 123: Liewe Vriendin
Brief 123 Ek het al ervaar dat ware vriendskap tussen vroue ‘n seldsame en kosbare geskenk is. Dis nie net iemand wat vir jou grappies lag of saam met jou koek en tee geniet nie – dis iemand wat jou siel raaksien en besluit dat dit genoeg is. ‘n Vriendin…
BRIEF 122: Jou Erfenis
Brief 122 Uit beginsel het dit my erns geword om organisasies te ondersteun wat Afrikaans en ons Afrikaner-erfenis bewaar en beskerm. Vir my is dit belangrik om te weet wie ons is en waar ons vandaan kom, want as ons nie weet waar ons vandaan kom nie, kan ons nie…
Wêreldbriefskryfdag
Vandag is Wêreldbriefskryfdag! Ek onthou hoe ek nog briewe van my ouma ontvang het. Haar handskrif het stories vertel lank voor ek die woorde kon lees. Dis waarom ek dink Wêreldbriefskryfdag gaan Liewe Leser-mense raak – dit herinner ons dat ‘n eenvoudige boodskap die krag het om generasies aanmekaar te…
BRIEF 121: PRAAT MOOI MET JOUSELF
Brief 121 Dit was Berné Brown wat gesê het die dapperste ding wat ons ooit kan doen, is om ons eie verhaal te besit en onsself dwarsdeur die proses lief te hê. Van kleins af leer ons om asseblief en dankie te sê. Ons leer van wedersydse respek en om…
BRIEF 120: LIEWE STUDENT
Brief 120 Oor die algemeen is ek ‘n nuuskierige mens wat weet dat daar baie dinge is wat ek nie weet nie. Hoe meer ek leer, hoe minder weet ek. In Jeremia 33:3 stel die Here ons gerus deur te sê Hy sal ons antwoord en die groot, onverstaanbare dinge…
BRIEF 119: Val op goeie grond
Brief 119 In my laerskooldae het ons grondmonsters gemaak. Die Natuurwetenskap-juffrou se huiswerkopdrag was eenvoudig: Gaan in jou tuin, skep ‘n bietjie grond in ‘n plastiekbottel, voeg water en ‘n bietjie skottelgoedseep by en bring dit terug klas toe. Ek en my klasmaats het so gemaak en ons bottels vol…
BRIEF 118: WANNEER DIE LEWE JOU SKOK
Brief 118 Op die plaas het my oupa elektriese drade gespan om die koeie in sekere kampe te hou. Ek was vier jaar oud toe ek en my pa een middag na die koeie gaan kyk het, heel onbewus van wat dié dun oranje drade kan doen. Niemand het geweet…
BRIEF 117: KLEIN DINGE
Brief 117 Daar is klein dingetjies in die lewe wat so stil verbyglip dat jy hulle maklik miskyk – nie omdat hulle onbelangrik is nie, maar omdat hulle so suutjies in die lewe opdaag. Ek skryf nie oor die bekende klein dingetjies soos ‘n glimlag, ‘n koppie tee of ‘n…
