posseel-870x1024

Liewe leser

Liewe Leser

Baie welkom. Ek is bly jy is hier.

Die feit dat jy hier is, sê vir my dat een van my briewe jou bereik het. Om ʼn brief van ʼn vreemdeling te ontvang, kan vreemd wees, daarom moes iets jou geprikkel het om meer van die brief en die skrywer te weet.

Laat ek jou hand skud en my aan jou voorstel: My naam is Hilde. Ek is ʼn grafiese ontwerper en bemarker met ʼn groot liefde vir Afrikaans en ons Afrikaner-kultuur. In ʼn gebroke wêreld waar die beloofde land ʼn bittersoet gedagte is en versuikerde beloftes ʼn galbitter smaak nalaat, kan ek verstaan waarom ons wantrouig, mismoedig en ongelukkig is.

Net soos jy, probeer ek ook sin maak van die lewe - daarom hou ons by die suiker verby en gebruik ons sout.

Hier skryf ek met begrip totdat my pen opdroog. Miskien help dit om ʼn brief van iemand af te ontvang wat jou uitdagings juis nie ken nie en wat wéét dat dit menslik is om net mens te wees.

Welkom. Hier's my hand, liewe leser, neem dit. Versterk jou greep en sluit aan as jy so voel. Ek sal elke Sondag hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.

Hilde
Helpende Hand

VERSTERK JOU GREEP HIER

Liewe Leser

24 April, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 12 Dawn Bevier skryf in een van haar artikels, “The Drawbacks of Giving Too Much” (2021), as  jy te veel van jouself vir ander gee, gee jy dikwels jouself ook en nie net jou tyd nie.  Sy verduidelik dat, dit gewoonlik meer skade as goed sal doen, want dit kan jou stukkend, leeg en…

Liewe Leser

17 April, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 11 Albert Einstein word as een van die grootste wetenskaplike figure van alle tye beskou. Dié teoretiese fisikus is bekend vir sy voorstelling van die relatiwiteitsteorie, wat later ook ‘n groot invloed op die ontwikkeling van kwantummeganika, statiese meganika en kosmologie gehad het. In 1921 is  die Nobelprys vir fisika aan hom toegeken vir…

Liewe Leser

3 April, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 10 In my kinderdae het ek gereeld handgemaakte en tweedehandse rokke gedra – nie omdat ons min gehad het nie, maar bloot omdat my ma se vriendinne se dogters ouer as ek was en hulle die klere vir my geskenk het sodra hulle kinders dit ontgroei het. Ek is van kindsbeen af geleer om…

Liewe Leser

29 March, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 9 Ek het in die Vrystaat grootgeword. My ouma Joy het tussen Humansdorp en Knysna gewoon, daarom het ons mekaar relatief min gesien. Alhoewel haar naam en my oupa Engels was, het sy gekies om met ons Afrikaans te praat. My oupa is vroeg oorlede, maar my ouma is ’n rukkie langer gespaar.  As…

Liewe Leser

29 March, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 8 Vandag stuur ek vir jou ’n poskaart uit die verlede. Miskien vat dit jou terug na ’n tydperk wat vir jou volksvreemd mag wees: ’n plek sonder teerpaaie, elektrisiteit of krane. Eintlik ken jy die plek baie goed; dalk herinner die brief jou net aan iets wat jy van die Afrikaner-gemeenskap vergeet het.…

Liewe Leser

29 March, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 7 Daar is iets omtrent Sondagmiddae wat vir my uitstaan. ’n Sondag voel vir my amper soos wanneer jy lank in die son lê en lomerig wag vir die oorgang tussen die week wat was en die week wat kom. ’n Vreedsame dag. Dis ook die dae waaroor ek nostalgies raak en wat ek…

Liewe Leser

28 March, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 6 Gisteraand sit ek met ’n koppie boeretroos in die hand en kyk uit oor die stad se blinkertjieskombers. Persoonlik verkies ek die sterre bo kunsmatige lig. Die beurtkrag maak egter dat die stad se liggies net so skaars geword het, daarom waardeer ek die liggies ’n bietjie meer as wat ek moet.  Die…

Liewe Leser

27 February, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 5 Liewe Leser Een van die onderliggende behoeftes waarmee ons almal sit, is om iewers te hoort. Ons heg waarde aan plekke, want dis waar die herinneringe geskep is. Vandag skroom ons nie om foto’s te neem nie – hoofsaaklik omdat ons die herinneringe graag sal wil saamneem en omdat ons weet dat plekke…

Liewe Leser

20 February, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 4 #LieweLeser In my kinderdae was ek ’n nuuskierige kleinkind met ’n groot lus vir die lewe. Ek het baie vrae gehad, altyd kaalvoet geloop en dikwels kanse gewaag. My ouma het dit geweet en die lewe vir my interessant  gehou. Soms het sy lekkertjies in ’n skoon snesie toegedraai, onder my kopkussing gebêre…

Liewe Leser

13 February, 2023 | Comments Off on Liewe Leser

Brief 3 #LieweLeser Valentynsdag lê op die drumpel en alhoewel dié maand in die besonder ‘n romantiese ondertoon het, weet ons dat die afwesigheid van liefde onmiskenbaar kan wees. Om jou naaste soos jouself lief te hê, is uitdagend – veral as jy nie jouself lief het nie. Soms gee ons meer van onsself as…