Liewe Leser
Brief 3
Valentynsdag lê op die drumpel en alhoewel dié maand in die besonder ‘n romantiese ondertoon het, weet ons dat die afwesigheid van liefde onmiskenbaar kan wees.
Om jou naaste soos jouself lief te hê, is uitdagend – veral as jy nie jouself lief het nie. Soms gee ons meer van onsself as wat ons terug verwag. As ons baie het om te gee, is dit makliker om te aanvaar dat ons nie noodwendig die behoefte het om iets terug te verwag nie – want jy doen dit uit liefde. Sou jy min van jouself oorhê, is die aanvaarding daarvan heelwat moeiliker en gebruik jy die stukkies wat jy van jouself oorhet spaarsamig.
In ‘n wêreld wat stukkie vir stukkie verbrokkel, kan ek verstaan waarom die Here soms vir ons so ver kan voel. Om liefdeloos te wees, kan eensaamheid ontlok. Ons gee in die seer, want ons is bang dat
die liefde seeder kan maak.
Is die liefde dan nie juis die teenoorgestelde daarvan nie? Om heel te maak en om te dra. Om mekaar te verdra en om geduldig te wees. Wat sal gebeur as jy jou laaste stukkie belê deur dit te
plant en dit te water, Liewe Leser? Waar gaan jy floreer en sal jou naastes van jou vrugte kan eet?
Ons dra harte in ons hande sonder dat ons dit besef. Deur elke hartklop skiet ons gebede op met die hoop dat God ons sal hoor. Gou genoeg sal ons die liefde in elke hand kan raaksien en agterkom dat die onsekerheid nie by God is nie maar eerder by ons lê.
Waar sien jy jou hand, Liewe Leser? As ons mooi na die harte om ons kyk, sal ons agterkom hoe moeiteloos dit is om lief te hê. Kan jy Helpende Hand se hartklop hoor? Selfs die brief is uit liefde aan jou gerig – al het ek ook min stukkies oor.
Hilde
Helpende Hand