#LieweLeser
Brief 69
Ek het onlangs weer ‘n onverwagse gebeurtenis in my lewe ervaar wat heelwat lewenslesse en groeipyne ingehou het. Dis hoe die lewe werk. Ons leef ons lewe so goed as wat ons kan en oorkom die uitdagings een vir een. Soms gly ons in die proses en maak foute. Dis hoe ons leer.
C.J. Langenhoven het geskryf: “Doen wat reg is en maak die Voorsienigheid aanspreeklik vir die gevolge – in plaas van, soos nou, te maak soos jy lekkerkry en die Here die skuld te gee vir die gevolge.”
So onregverdig soos wat die lewe soms vir ons kan voel, weet ons ook dat die lewe ons niks skuld nie. Hier is tien lewenslesse wat ek hierdie jaar neergepen het:
1. Daar is ‘n verskil tussen rus en lui wees. Rus sodat jy kan werk.
2. Jou eerste indruk van iemand is nie altyd reg nie.
3. Goeie intensies hou nie altyd goeie gevolge in nie.
4. Verdraagsaamheid kan jou ver in die lewe bring.
5. Die woorde wat jy vandag gebruik, kan môre se vrede beïnvloed.
6. Soms is dit goed om nie alles te weet nie.
7.Dit gaan nie altyd goed nie, maar God bly altyd goed.
8. Almal se lewens hoef nie altyd vir jou sin te maak nie.
9. ‘n Gebed het nie altyd woorde nodig vir God om jou te verstaan nie. Hy ken jou hart.
Hy wéét.
10. Die waarheid sal áltyd seëvier. Gee dit kans.
Watter lewenslesse het jy geleer, Liewe Leser? Voeg gerus jou lewenslesse by die lysie. Ons kan dalk net by mekaar begin leer.
Hilde Kruger
Solidariteit Helpende Hand
Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5