#LieweLeser

Een van my vriende het my ’n rukkie gelede die volgende gevra: “Hoeveel rooi karre het jy vanoggend op pad werk toe sien verbyry?”

Ek het ’n bietjie daaraan gedink en dadelik besef dat ek glad nie kan onthou of ek enigsins ’n rooi kar daardie oggend gesien het nie.

My antwoord aan hom was: “Ek is nie seker nie, ek het nie so opgelet nie.” 

Dit was asof hy my antwoord verwag het. Toe sê hy: “Soms kyk ons die geleenthede op ons pad mis. Hoe kan ons verwag dat daar nuwe geleenthede op ons pad moet kom as ons nie daarvoor soek nie?”

Ek het lank aan hierdie woorde gekou en opnuut weer besef dat ons dit wat ons het dikwels as vanselfsprekend aanvaar. Soms sien ons die waarde van dinge eers raak wanneer dit weg is. Mag ons opnuut weer besef wat ons het en dit waardeer in die seisoen waarin ons is.

Hilde Kruger

Solidariteit Helpende Hand

Lees jou briewe hier: http://bit.ly/3JMx8J5