BRIEF 110: ONTHOU JY NOG?
Uit 'n swaar pen, hoop ek dat hierdie brief jou eendag sal bereik soos wat dit my verlaat. Jy het al baie briewe ontvang, maar as jy mooi lees, sal jy agterkom dat hierdie brief kan praat.
In ân wĂȘreld wat besig is om te verkrummel, verstaan ons waarom die kerkbanke leeg word en elke hand teruggetrek word - nie omdat dit Januarie is nie, maar hoofsaaklik omdat die hoop afwesig bly en die hande wat jou moes vang, jou lankal aangeval het.
Weg is die dae van lugkastele bou, want die realiteit skop dit om. Uit ervaring kies jy jou kringe selektief en stoot jy die dinge weg sodat jy nie met die duiwel se gemors moet sit nie. Jy beskerm jouself teen die res van die wĂȘreld, want die wĂȘreld is stukkend genoeg en daar is min van jou oor.
Wat maak jy met jou tydsand, liewe leser, en hoeveel korrels het jy oor? Miskien is dit die onsekerheid wat honger aan ons knaag. Alles droog op en om die einde van jou lewensreis heel te bereik, voel byna onmoontlik. In plaas daarvan om te probeer heel bly, moet ons dalk kyk wat ons kan versadig. Wat maak jou vol en wat maak dit die moeite werd om vir hierdie wĂȘreld stukkie-vir-stukkie kans te sien?
Die lewe lĂȘ swaar op jou skouers. Vir die mens langs jou ook. Vandag reik ek my hand na jou toe uit, want net soos jy moet ek ook die wĂȘreld se uitdagings vierkantig in die oĂ« kyk. Ek kan nie alles vir jou dra nie, maar ek kan dit vir jou ligter maak met die sekerheid dat Helpende Hand daar sal wees. Nie om jou te vang nie, maar om vir jou wys dat jy kan vlieg.
Vat my hand en versterk jou greep. Ek sal hier wees. Pengereed, sodat jy my volgende brief kan lees.
Hilde
Helpende Hand
