Liewe Leser
Brief 2
Liewe Leser
Met Januarie wat agter ons is, verwelkom ons Februarie met ope arms.
Een van my pogings is om suiwer Afrikaans te gebruik met die doel om dit by ander mense aan te moedig. Helpende Hand doen dit ook. Interessant genoeg is Afrikaans die enigste taal ter wêreld wat met monumente vereer word.
Afrikaans is aggresief en passief. Dis bekkig, dis bitsig en dis vlymskerp. Dis komies en dis roekeloos. Ons gebruik die woord “aitsa” of “skote petoors ” as ons iets bereik het en “klopdisselboom” wanneer dit met ons goed gaan.
In Afrikaans is ons ook kreatief en huiwer ons nie om nuwe woorde uit te dink nie; “grimering” is nou “jeugdeug” en “springmielies” is nou “kitskoring”.
Afrikaans is ‘n moeder. Afrikaans is sag, maar dit dra ook trots . Ons lag in Afrikaans, sing in Afrikaans, swets in Afrikaans en huil in Afrikaans  – suiwer Afrikaans.
Helpende Hand se hoofdoel is om ʼn toekoms vir die Afrikaner-kultuurgemeenskap te skep, om ʼn vry, veilige en voorspoedige lewe te verseker, en jý kan dit moontlik maak.
Vat my hand, liewe Leser. Afrikaans sal net daar wees vir so lank as wat ons dit toelaat om daar te wees. Dieselfde geld vir ons erfenis.
Hilde
Helpende Hand
