ʼn Dagbeplanner met ʼn doel!

Die FroueVonds van Helpende Hand stel vir die eerste keer ʼn dagbeplanner vir 2021 bekend. Dié A5-grootte dagbeplanner (hardeband) word deur Finesse Voelgoed Tydskrif met inspirasies deur Lynette Beer uitgegee.

Die FroueVonds Dagbeplanner 2021 kombineer styl en inspirasie, met ʼn bladsy per dag vir afsprake om jou in staat te stel om elke dag haarfyn te beplan en jou tyd optimaal te benut. Daar is oorgenoeg skryfplek vir notas, verjaarsdae, vergaderings en ʼn inkopielys.

Aan die begin is daar ʼn jaarkalender sodat jy met ʼn oogopslag kan sien wat alles moet gebeur, asook kalenders vir 2021 en 2022, openbare vakansiedae, skoolkwartale en méér.

Lynette Beer inspireer jou om te fokus op wat regtig saak maak en om geloof ook deel van jou daaglikse roetine te maak.

Lynette skryf in haar voorwoord:

Op my eie geloofsreis hoor ek gereeld God se beloftes. Dus twyfel ek nie ’n oomblik aan sy goedheid en liefde nie. Hieraan kan ons onsself nie genoeg herinner nie!

Hier is gedeeltes uit die Skrif wat met jou hart sal praat en jou denke sal stimuleer. Hier is ook aanwysings vir die hele jaar wat jou op jou geloofspad sal laat nadink.

Gaan soek ook self na antwoorde in sy Woord. Volg ’n gedissiplineerde gebedslewe met lofprysing waar jy deel in die gemeenskap van gelowiges. Só sal jy staande bly omdat jy daagliks met God leef.

My gebed is dat ons die krag van nuwe woorde – en gedagtes – ontdek. Só kan ons ’n verskil in ons en ander se lewe maak.

God wil iewers deur jou ander se lewe aanraak. Deur hierdie dagbeplanner het jy reeds ’n verskil gemaak in die lewens van vroue – en hiervandaan kan die genade net verder uitkring.

Hoor op jou ontdekkingsreis deur 2021 hoe God met jou praat. Skep moed wanneer jy onseker en swak voel. Hou vas aan die ware vrede van Jesus wanneer storms om jou woed.

Hoor hoe jy gestuur word in die stukkende wêreld in. Wees reg vir ’n ontmoeting met jou Here. Hy verander jou hele lewe. Kom uit jou gemaksone. Ken jouself en onthou wie jy in Christus is.

Kom nader aan Hom deur jou hart oop te maak. Deur sy Gees in jou skakel Hy jou hoopmeter aan. Só kan jy ook in ander se lewe hoop aanblaas.

Lynette Beer is een van die mees bekroonde Christelike Afrikaanse motiveringsprekers en skrywers in Suid-Afrika. Moenie die geleentheid misloop om ʼn dagbeplanner vir 2021 aan te skaf met daaglikse inspirasie uit haar pen nie!
Daarmee saam verseker jy dat ʼn behoeftige meisie kan gaan studeer: R50 van elke dagbeplanner wat verkoop word, word aan Helpende Hand se FroueVonds geskenk.
Koop vandag nog ʼn dagbeplanner vir jouself of as geskenk vir al jou vriendinne en kollegas by www.frouevonds.co.za