DIE BRUGFONDS
Die Brugfonds
– Hilde Kruger, 2026
Wanneer klein harte laste dra,
en ouers worstel met onsekere vrae,
waar drome stil in skerwe lê,
en kinders net een kans wil hê …
Om 'n brug te bou en anderkant uit te kom,
drome na te jaag en die lewe te verstom.
Van klasse en terapie tot 'n rit elke dag,
word laste ligter, en harte weer sag.
Elke tree vorentoe, elke hand wat help dra,
verlig die pad, al voel die wêreld swaar.
Saam bou ons aan 'n toekoms,
steen vir steen,
met bystand en welstand,
– hulle was nooit alleen.
Ja, wanneer klein harte lig en vreugde dra,
en die onsekere tye uiteindelik begin opklaar,
waar drome weer 'n kind omvou,
wat oor die brug sal stap
en verder bou.