Skip to content

Noord-Kaap-droogtekrisis: Boere op hul knieë om kinders in skole te hou

Die droogtekrisis in die Noord-Kaap het so toegeneem dat verskeie boere dit nie meer kan bekostig om hul kinders op skool te hou nie. Dit is veral vervoer-, skool- en koshuisgelde wat ouers nie meer kan bybring nie.

Volgens Stefan Pieterse, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS), het hulle reeds meer as R2,1 miljoen rand se aansoeke vir agterstallige koshuis- en skoolgelde ontvang waarvan die meeste aansoeke uit Namakwaland, Kakamas, Prieska en Williston spruit.

Helpende Hand het daarom die Droogtehulp Studiefonds gestig om seker te maak dat hierdie kinders op skool en veral koshuis kan bly tot die droogtekrisis verby is.

“Om ’n boer te sien wat bakhand staan omdat hy nie sy kind se skool- en koshuisgeld kan betaal nie, is hartverskeurend en daarom wil ons graag ’n beroep op die korporatiewe industrie asook elke lid van die publiek doen om hierdie boere en hul kinders in ’n baie donker tyd by te staan” sê Pieterse.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van  Solidariteit Helpende Hand, voeg by dit is nie in die hand van die mens om oor die droogte te beskik nie, maar die gevolge van die droogte kan deur die mense bestuur word.

“Ons kan nie besluit wanneer dit reën nie, maar ons kan sorg dat die kinders aanhou studeer totdat dit weer reën,” het Noëth gesê.

Skenkings vir die Droogtehulp Studiefonds is teen 30 November nodig om te kan bepaal hoeveel leerders gehelp kan word.

Jy kan help deur ‘n skenking hieronder te maak:

Indien jy ‘n EFT wil doen, klik hier.

Droogtehulp

R
Jou inligting

Totaal: R1,000.00 One Time

Uitgereik deur Solidariteit Helpende Hand

Stefan Pieterse
Hoof: Studiefondssentrum
Solidariteit Helpende Hand
Sel: 076 424 1400
E-pos: [email protected]

Phillip Bruwer
Mediaskakelbeampte
Sel: 081 374 5043
E-pos: [email protected]