Speelgoedbiblioteek bring vreugde vir arm kleuters
Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkel in Centurion het ’n besige maand agter die rug nadat ’n berig oor dié winkel se liefdadigheidsbedrywighede in Desember op Maroela Media gepubliseer is. Lizel Smith, bestuurder van Ons Winkel in Centurion sê die terugvoer ná die berig was oorweldigend. “Ons moes maar bontstaan om vir die skenkings plek te maak en…
Helpende Hand bied leiding vir entrepreneurs
Deur Lukas Coetsee Hoe meer mense in staat is om besighede te bedryf en ons hul besighede ondersteun, hoe sterker word ’n samelewing. Die bose afwaartse spiraal wat armoede veroorsaak, kan alleenlik omgekeer word met die skep van ’n vorm van vooruitgang en welvaart waar mense hulself en dié na aan hulle ophef. Hoeveel mense…
ʼn Teater vol bejaardes, looprame en krukke
Dis Donderdagoggend. Jy ontmoet ʼn vriendin vir ʼn vinnige cappuccino in die Brooklyn-winkelsentrum voor jou volgende vergadering. Ek is laat, tik jy met ʼn geoefende duim op jou foon terwyl jy deur die winkel se voetverkeer vleg. En dan, skielik, bons jy vas in ʼn lyf voor jou wat veel stadiger as jy beweeg. “Ekskuus,” mompel…
Helpende Hand se Tassie-projek gaan matriek toe
Talle van die hulpbehoewende graadeens wat twaalf jaar gelede van die eerstes was wat ’n volgepakte skooltassie van die Solidariteit Helpende Hand ontvang het, is vanjaar in matriek. Drie van dié matrikulante was Vrydag saam met bekendes soos die voormalige Springbokrugbyspeler Bakkies Botha en Ivan Roux, van Die Kontrak-faam, by die Nederduits-Gereformeerde Kerk in Booysens om…
Helpende Hand pak maatskaplike probleme
Solidariteit Helpende Hand het vandeesweek geskiedenis gemaak met die opening van sy eerste Ons Sentrum-gemeenskapsentrum, wat met ʼn netwerk van maatskaplike werkers en kundiges se hulp gaan help om Afrikaner-armoede te verlig. Dié sentrum wat geleë is in die sportsaal van die NG Kerk Onderstepoort in Pretoria-Noord, is die eerste van sy soort om verskeie…
Die belangrikheid van entrepreneurskap
Deur Lukas Coetsee Alle lande lewer hul kwota entrepreneurs wat die samelewing verryk met innovasie en die lewering van ’n uiteenlopende reeks goedere en dienste. Hierdie groep mense is kosbaar aangesien hulle geleenthede identifiseer, hul eie geld waag in die ekonomiese ketting en die werklike skeppers van werk en welvaart is. Nie enige mens het…
R38 miljoen sodat behoeftige studente kan studeer
Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) het R38 miljoen se geldelike steun gewerf om meer as 1200 behoeftige Afrikaanssprekende studente in 2019 te help om te studeer. Volgens Stefan Pieterse, hoof van SFS, is dit die produk van harde werk en meer as 200 donateurs se oop harte en hande.“Die SFS is ʼn inisiatief van…
Begroot vir finansiële sukses in 2019
Deur Ronel Jooste Die heerlike Desembervakansie is verby en vir baie mense is Januarie ’n lang maand met baie uitgawes en ’n mens moet nou begroot. Januarie is egter ook die tyd vir ’n nuwe begin en nuwe doelwitte. Verseker die ideale tyd om jou finansies vir 2019 in orde te kry. ’n Goeie…
Maak huis skoon vir ʼn goeie doel
Talle mense gebruik die nuwe jaar as geleentheid om met ʼn “skoon bladsy” weg te spring deur kaste skoon te maak en van items wat nie meer gebruik word nie ontslae te raak. Dit mag dalk vir sommige na ʼn onbegonne taak klink – veral as jy lanklaas ordentlik skoongemaak het – maar met Solidariteit…
Helpende Hand se #Breinaald-projek – Soveel meer as ‘n bolletjie wol!
Solidariteit Helpende Hand het onlangs ons #Breinaald-projek geloots. Ons het besef dat die nood onder bejaardes nie net by fisiese behoeftes lê nie, maar dat eensaamheid en die gevoel van ‘doelloosheid’ soms ‘n groter problem is. Die laasgenoemde kan weer bydra tot ander probleme soos depressiwiteit. Daar sal altyd daardie bejaarde persoon wees wat daarna…