Helpende Hand Nuus

Suid-Afrika vinnig op pad om nommer een in mensehandel te word

Tans is Suid-Afrika 27ste op die globale slawe-indeks met ʼn geraamde 248 700 slagoffers. Dit het astronomies gestyg vanaf slegs 106 000 slagoffers in 2014 toe Suid-Afrika 126ste op die wêreldlys was. Verder is Suid-Afrika wyd bekend as is ’n bron, transito- en eindbestemming-land. Tydens die 16 dae van aktivisme vanaf 25 November tot 10…

Lees meer

Die Baard spring weg op ʼn Tastrap in die Vrystaat

Buffelfontein Baard-olie se driekamp is ten bate van Helpende Hand se Skooltassieprojek Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie gaan vanaf 22-27 November 2016  ʼn 500 km- driekamp tussen die Koppies- en Gariepdam in die Vrystaat aflê. Hierdie uitmergelende rit, of Tastrap, word aangepak om fondse vir Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek in te samel. Le…

Lees meer

Dis vir daardie kinders dat ek sweet

Ek, Meyer le Roux, pak van 22 tot 27 November 2016 ’n driekamp aan om geld in te samel vir skooltassies vir rowwe klein klitsies wat nie so bevoorreg soos ons is nie. Ek oefen reeds sedert Junie-maand vir die driekamp van 500km wat ek tussen Gariepdam en Koppiesdam gaan aflê. Mense wie se dik…

Lees meer

Verskeie organisasies vat hande om kennis oor maatskaplike dienste uit te brei

Helpende Hand stel handleiding bekend om gemeenskappe te bemagtig Daar heers tans ’n ernstige tekort aan maatskaplike werkers in die land en die bestaande maatskaplike werkers kry té min ondersteuning om hul werk te doen. Daarom het Solidariteit Helpende Hand ’n omvattende handleiding uitgegee wat organisasies en individue in staat sal stel om kennis te…

Lees meer

Gids oor maatskaplike hulp spreek welsynskrisis in Suid-Afrika aan

Duisende bejaardes weet nie hulle kwalifiseer vir SASSA-toelae nie Volgens Solidariteit Helpende Hand gaan Suid-Afrika gebuk onder ’n ernstige welsynskrisis aangesien daar tans minder as 17 000 geregistreerde maatskaplike werkers vir ’n bevolking van meer as 50 miljoen mense is. Solidariteit Helpende Hand het daarom besluit om ’n handleiding saam te stel wat op maatskaplike…

Lees meer

Departement maak ’n vinnige besluit na GeRAT druk op hulle plaas

Solidariteit Helpende Hand se Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) het die departement van basiese onderwys (DBE) aangevat oor hulle stilswye aangaande die voorgeskrewe literêre werke vir 2017.  Kort na die vergadering het die departement vinnig reageer om van die voorgeskrewe werke aan die media bekend te maak. Die departement van onderwys het tot gister…

Lees meer

Belfast het jou hulp nodig na tornado huise verwoes

Groot skade is in die Belfast-omgewing in Mpumalanga aangerig nadat ʼn hewige storm en vermoedelik ʼn tornado oor die gebied beweeg het. Die Solidariteit Helpende Hand-tak het reeds ingespring om onmiddellike nood te verlig. Die grootste nood op die oomblik is kos en klere vir families wat deur die storm geraak is. Daar is verskeie…

Lees meer

Komatipoort onnies bederf

Die onderwysers van Komatipoort Akademia, Kwetternes en Toodle Todd’s is almal bederf met ’n heerlike kolwyntjie. Die oulike inisiatief is Solidariteit Helpende Hand se Komatipoort-tak se idee in ’n poging om die onderwysers spesiaal te laat voel. Die tak het op 19 Oktober by die skole opgedaag met ’n kolwyntjie vir elke onderwysers en ook…

Lees meer

Red jou wiskunde-uitslae, kry hulp op Die Markplein

Die einde van die jaar is op hande en met dit ook die gevreesde eindeksamen vir skoolleerders. Maar jy kan vanjaar seker maak dat jou kind voorbereid in die eksamenlokaal instap danksy Die Markplein. Koop gehalte hulpmiddels, kyk gratis video’s en laai gratis e-boeke af. Die Markplein is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en…

Lees meer

Helpende Hand stel app bekend wat jou toekoms help beplan

Die Loopbaan-app is ’n Afrikaanse toepassing wat skoliere, ouers en veral lewensorienteringsonderwysers se lewe gaan vergemaklik deur kinders se belangstelling te toets en die TPT-telling te bereken. Die app is gratis beskikbaar met die nuutste inligting aangaande slaagvereistes en toelating sowel as nuusflitse wat die jeug raak.   Helpende Hand Loopbaan-app is deur bedryfskundiges ontwikkel…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand samel R 868 797 se kleingeld in

Solidariteit Helpende Hand se nuwe studieleningsprojek, Sente vir Studente, het ʼn allemintige R 868 797 se kleingeld ingesamel om te verseker dat Afrikaner-kinders kan gaan studeer. Die geld sal gebruik word om plaaslike kinders se studies te befonds.   Daar het 55 van Helpende Hand se takke deelgeneem aan die projek. Die takke het spaarbussies…

Lees meer

Helpende Hand loods Nasionale #geeREG-week

Moenie vir iemand anders iets doen wat hulle self kan doen nie Maandag 17 Oktober 2016 is die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir die Uitwissing van Armoede. Om hierdie dag te herdenk gaan Solidariteit Helpende Hand van 17 -21 Oktober 2016 projekte loods wat die plaaslike gemeenskap gaan baat, sonder om afhanklikheid te kweek….

Lees meer

Baanbreker geleentheid vir Afrikaans huistaal matrieks

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse vakvereniging, die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), bied ʼn uitstekende geleentheid vir Afrikaans Huistaal-leerders om hulle daardie ekstra hupstoot te gee voor die eindeksamen begin. Leerlinge van regoor die land sal op Saterdag, 22 Oktober 2016,  ʼn gratis regstreekse uitsending oor die internet kan dophou,…

Lees meer

Net ‘n stukkie

Ek is nie ‘n voorstander van geld gee vir ‘n bedelaar nie. Ek het eenmaal as kind gesien hoe ‘n man geld in my ma se gesig teruggooi omdat dit na sy mening te min was. Hy het op haar geskree en gesê niemand wil hom help nie, en niemand wil verantwoordelikheid vir hom neem…

Lees meer

#FeesMustFall: Helpende Hand maak ’n baie beter plan met #FeesMustBeFound

Solidariteit Helpende Hand het besluit om daad by woord te voeg en die geld wat hulle op ’n jaareindfunksie wou spandeer het, in ’n studiefonds te belê. Helpende Hand daag nou ander organisasies uit om dieselfde te doen.     Die huidige krisis by universiteite landwyd het die nood van finansiële nood van studente weer onder…

Lees meer
As jy armes van die wal in die sloot help

96% van suksesvolle studente léér op kampus en betoog nie

Vir 96% van Solidariteit Helpende Hand se studieleninghouers is #feesmustfall nie die enigste uitweg nie. Ten spyte van finansiële druk en moeilike studierigtings glo hierdie suksesvolle studente dat hulle deur harde werk vir hulleself ʼn beter toekoms kan bou as wat hulle ouers gehad het. Uit ‘n onlangse meningspeiling onder die 1 240 studente wat…

Lees meer

Helpende Hand bring hoop in Secunda

Die Solidariteit Helpende Hand-tak in Secunda is daar vir die gemeenskap. Dit is hoekom hulle die afgelope paar maande met hul projekte talle individue se lewens en ook instellings geraak het. Dié organisasie het ’n passie vir die weerloses in die samelewing en daarom fokus hulle projekte veral op kleuters en bejaardes wat nie in…

Lees meer

Helpende Hand bied ʼn stukkie koek in ruil vir ʼn handboek

Solidariteit Helpende Hand se tak op Middelburg, Mpumalanga, het sy steun vir die jeug in die gemeenskap gewys deur geld in te samel vir ’n plaaslike studiefonds. Die projek vorm deel van Helpende Hand se nuwe studieleningsprojek, Sente vir Studente, en het altesame R11 350 ingesamel vir hul studiefonds.   Die Helpende Hand-tak op Middelburg…

Lees meer

Helpende Hand bederf Laerskool Laeveld-onderwysers

Die onderwysers en personeel van Laerskool Laeveld het ’n heerlike verrassing gekry toe die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak op Nelspruit hulle kom bedank het. Die tak het met die oog op Wêreldonderwysersdag op 5 Oktober 2016 die onderwysers met ’n appel uit hout en eetgoed bederf.   Die tak het vroeg Vrydagoggend 30 September by…

Lees meer

Die groot “M-woord” en al sy dinge

Noudat ek ’n jong werkende is, besef ek eers regtig hoe duur hierdie vroulike produkte is wat ek tog so gereeld net in my ma se inkopietrollie gelaai het. Ek dink daar is baie vroue soos ek wat dink: watter mors van my geld – ’n uitgawe wat ek vir die volgende 30-40 jaar gaan moet dra.

Lees meer

Bejaardes met rooi lippe en groot harte

Rooi lippe is beswaarlik iets wat ʼn mens met ’n bejaarde assosieer, en nog minder sanitêre ware. Die vrouens van die Parow Seniorsentrum het egter hul heelhartige ondersteuning vir die #HelpHanna-projek gewys deur hul lippe helderrooi te maak en ’n fondsinsameling ten bate van die projek te hou.   Die #HelpHanna-projek, wat sanitêre ware aan…

Lees meer

Huis Silwersig-ouetehuis oorval deur 200 stukke koek

Die inwoners en personeel van Huis Silwersig het ’n soet verrassing gehad toe die Solidariteit Helpende Hand Cappuccino’s-tak opgedaag het met ’n stukkie koek vir almal.   Op 26 September het  die Cappuccino’s-tak 120 bejaardes en 70 personeellede van Huis Silwersig gaan bederf met ’n stukkie koek. Volgens Alisha de Lange, streeksorganiseerder by Helpende Hand,…

Lees meer

Helpende Hand leer jou ʼn toekoms bou

Wou jy nog altyd weet hoe om ʼn app te bou? Of ken jy die basiese beginsels, maar kort daai bietjie ekstra om jou app ʼn toekomstige ster te maak? Dan is Solidariteit Helpende Hand se nuwe kompetisie, APPfabriek,  vir jou! Volgens die Harvard Business Review kyk, soek, speel en snuffel die gemiddelde persoon nagenoeg…

Lees meer

Helpende Hand studielenings maak 13 ’n gelukkige getal

Solidariteit Helpende Hand bied sedert 2008 rentevrye studielenings vir studente aan. In jou streek is daar 13 studielenings beskikbaar vir ’n gelukkige student uit die omgewing. Doen vandag nog aansoek en laat jou drome waar word.   Vir ʼn groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking is tersiêre onderrig weens beperkte fondse nie meer ʼn moontlikheid…

Lees meer

Help ons om kleuter in die skool te hou

Solidariteit Helpende Hand soek dringend ondersteuning van die publiek om ’n behoeftige kleuter se skoolfondse te betaal. Die Graad-R leerling word deur Helpende Hand geborg, maar die organisasie kort hulp om die jaar deur te sien. Helpende Hand glo dat armoede uitgewis kan word deur in opleiding te belê. Daarom het die tak Graaff-Reinet-tak besluit…

Lees meer

Helpende Hand beskerm nog altyd die menseregte van gestremdes

As organisasie is Solidariteit Helpende Hand in wese besorg oor die welstand van die weerloses in die samelewing. Bejaardes en kinders, wat nie na hulself kan omsien nie, word deur projekte soos Kosblikkie en Tuisgenoot beskerm. Daarom het Helpende Hand nie gehuiwer om te help toe hulle deur  ’n nieregeringsorganisasie genader is om 70+ gestremdes…

Lees meer

Arm bejaardes begeer geselskap meer as geld

Helpende Hand se bejaarde-projekte spreek hulle grootste behoefte aan Vir sewe uit tien behoeftige bejaardes is eensaamheid, en nié geld nié, hulle grootste probleem. So het Solidariteit Helpende Hand in ’n landwye studie gevind. Die studie het onderneem om die lewensomstandighede van arm bejaardes te assesseer om daardeur die organisasie te help om die hulp…

Lees meer

Helpende Hand debuteer by Hoeka Toeka

Die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak op Piet Retief het hul eerste openbare verskyning by vanjaar se Hoeka Toeka-motorskou gemaak. Die tak, wat in Mei vanjaar gestig is, is deur die organiseerders van die skou gevra om ’n stalletjie by die skou te hê om hul projekte aan die gemeenskap bekend te stel. Die Hoeka Toeka-motorskou…

Lees meer

Gemeenskap staan saam om geskiedkundige gholfklub te red

Solidariteit Helpende Hand en inwoners van Kroonstad het die reuse-taak onderneem om die Kroonstad-gholfklub te red. Die klub, wat nie meer munisipale ondersteuning ontvang nie, is waarskynlik die naasoudste gholfklub in ons land. Ongelukkig het stygende bedryfskoste meegebring dat die klub nou in dringende finansiële nood verkeer. Om fondse in te samel, is daar besluit…

Lees meer

Gauteng-Suidstreek help 250 gesinne deur hul Augustus-uitreik

Swak ekonomiese toestande in Suid-Afrika is ’n realiteit wat baie landsburgers in armoede gedompel het. Die suide van Gauteng is geen uitsondering nie en daarom het die Solidariteit Helpende Hand se takke in die streek besluit om uit te reik en verligting in die vorm van kospakkies sowel as toiletware aan 250 gesinne, wat swaar…

Lees meer

Helpende Hand maak meisies prinsesse vir ’n dag

Solidariteit Helpende Hand se tak op Witbank het 45 behoeftige meisies soos prinsesse laat voel. Diè tak het die meisies bederf met ’n verskeidenheid skoonheidsbehandelinge by die Protea Hotel op Witbank. Die doel van die projek was om die meisies, wat almal swaarkry, spesiaal te laat voel deur hulle hare te sny, hulle naels mooi…

Lees meer

72,1% van Afrikaanse wiskunde-onderwysers nie tevrede met kwaliteit van DBO se professionele ontwikkeling nie

Skokkende statistieke wys hoe die departement van basiese onderwys (DBO) faal in een van sy kerntake, naamlik om onderwysers te bemagtig deur kwaliteit opleiding. Luidens ’n verslag van Solidariteit Helpende Hand se Skole-ondersteuningsentrum (SOS) is 72,1% van Afrikaanse wiskunde-onderwysers, as respondente in ’n studie oor die professionele ontwikkeling van Afrikaanse onderwysers, van mening dat die…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand se jag- en visvangkompetisie lewer wenners op

Die wenners in die Solidariteit Helpende Hand se Letsitele-tak se jag- en visvangkompetisie is op 28 Junie by die Junction Restaurant in Letsitele aangewys. Die drie wenners is mnr. Hertzog Landman (eerste plek), mev. E van der Pypekamp (tweede plek) en mnr. C Horrin (derde plek). Die doel van die kompetisie was om geld in…

Lees meer

40 000 leerders gaan floreer danksy Afrikaanse kongres vir onderwysers

Meer as 200 onderwysers het tydens die Julievakansie hul tyd opgeoffer om Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kongresse by te woon. Tot 40 000 leerders van hierdie groep onderwysers sal die vrugte pluk van hul onderwysers se toewyding aan hul professionele ontwikkeling. Die onderwysers is almal lede van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers…

Lees meer

Meer as 4 000 drome bewaarheid deur Helpende Hand-studielenings

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) bied sedert 2009 studielenings vir studente wat tersiêr wil gaan studeer. Hierdie lenings is 100% rentevry en is dus baie gesog onder mense wat nie kan bekostig om hul kinders te laat studeer nie. Tot op hede is meer as R120 miljoen in studielenings uitbetaal aan verdienstelike Afrikanerkinders. Op…

Lees meer

Mpumalanga se eerste skenkingskantoor open in Witbank

Solidariteit Helpende Hand se eerste skenkingskantoor in Mpumalanga is op 1 Julie in Witbank geopen. Fondse wat hier ingesamel word, word gebruik om die area se studiefondse te befonds. Die skenkingskantoor val onder die bestuur van die Mpumalanga-streek en fondse wat deur skenkings gegenereer word, word gebruik om studiefondse te stig wat beskikbaar gestel word…

Lees meer

Helpende Hand pak Afrikaner-armoede deur onderwys

Onderwys het ’n deurslaggewende invloed op die sosio-ekonomiese omstandighede van ’n gemeenskap. Om ’n gemeenskap op te hef, is dit belangrik om te verseker dat die onderrig wat die gemeenskap se kinders ontvang van wêreldgehalte is en daarom is dit belangrik om dié faktore wat verhoed dat daardie gehalte bereik word, uit die weg te…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand hou kos op droogtegeteisterde boere se tafels

Boere se nood noop organisasie om koopbewyse beskikbaar te stel vir voedselaankope Die ergste droogte in dekades het vêrreikende gevolge in die land teweeggebring wat nog baie lank gevoel gaan word. Vir baie boere sal die eerste prioriteit wees om hulle vee aan die lewe te hou. Om kos op die tafel te hou, word…

Lees meer

Dwelms, deur die oë van ‘n ma

1. Hoe het jou kind by dwelms betrokke geraak? Tot vandag toe is dit ’n vraag ek nie met sekerheid kan beantwoord nie. Eon het vir my gesê hy het dit in Graad 10 by die videowinkel waar hy vakansies gewerk het, gekry. ’n Ander keer was by verkeerde vriende. Hy het drankies saam met…

Lees meer

Ope brief aan Minister Dlamini

Agbare Minister Dlamini Oystergate: Moet die armes dan maar koek eet, minister? Dit is met ’n swaar gemoed dat Solidariteit Helpende Hand kennis geneem het van u verblyf in die Oyster Box in KwaZulu-Natal. As ’n gemeenskapsorganisasie wat hom toewy aan die verligting, verbreking en voorkoming van armoede, is ons geskok en baie verbaas oor…

Lees meer

Helpende Hand en Kuswag Skool woeker om Amanzimtoti se behoeftiges se magies vol te hou

Die Solidariteit Helpende Hand-tak op Amanzimtoti is besig met ’n verskeidenheid kreatiewe projekte om seker te maak dat die behoeftiges in die gemeenskap genoeg het om te eet. Die tak het Kuswag Skool genader om blikkieskos in te samel en het ook ’n groentetonnel laat opsit wat onder andere deur die skool se leerders behartig…

Lees meer

Dorp staan bankvas agter die jeug in hul dorp

Solidariteit Helpende Hand se tak op Naboomspruit (Mookgophong) gaan op 15 Junie sy steun vir die jeug in die gemeenskap wys deur geld in te samel vir ’n plaaslike studiefonds. Die projek vorm deel van Helpende Hand se nuwe studieleningsprojek Sente vir Studente. Die Naboomspruit-tak gaan op 15 Junie ’n groot poging aanwend om die…

Lees meer

Afrikaanse Onderwyserkongres bied wêreldklas professionele ontwikkeling op eie bodem

Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kongres vir Wiskunde, Afrikaanse Huistaal en ander vakonderwysers bring kenners van regoor die wêreld. Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied tydens die Julie-skoolvakansie sy vyfde jaarlikse driedagkongres in Noordwes en die Wes-Kaap aan. Tydens die SOS Kongres bied beide die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde Onderwysers (V.A.W.) en die…

Lees meer

LESUFI VERHEF OMSENDSKRYWE TOT WET

LUR pas subtiele boelietaktieke toe om naamveranderings op Afrikaanse skole af te dwing. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng storm voort met sy boelietaktiek teenoor Afrikaanse skole – hierdie keer oor die skoolnaam-, embleem- en leuseverandering van skole in Gauteng.  Die opportunistiese Lesufi het pas deur middel van sy onderwyshoof, twee omsendskrywes aan skoolhoofde …

Lees meer

Stel jy belang in ʼn internskap in kommunikasie?

Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse internskapprogram skop weer af tydens die wintervakansie en behels baie meer as koffie-maak en liasseerwerk. Die internskap is oop vir senior studente wat tans studeer in die kommunikasie-veld en beloof om kandidate goed voor te berei op die werksplek. Die internskap duur vanaf 29 Junie tot 15 Julie by Helpende…

Lees meer

ʼn Volhoubare buitemuurse program as positiewe bydrae tot onderwys en opvoedkunde

Dr. Pierre Edwards Hoof, Afrikaanse Hoër Seunskool Dit is geen geheim dat onderwys nou al vir meer as ʼn dekade knaend in die nuus is en, veral wat die departement van onderwys betref, is die nuus meesal nie goed nie. Ek verskuif die klem na goeie nuus: Ons funksionele skole met hul besondere buitemuurse aanbod…

Lees meer

Suid-Afrika se grootste Afrikaanse Onderwyskongresse bied wêreldklas professionele ontwikkeling

Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kongres vir Wiskunde en Afrikaanse Huistaal-onderwysers bring kenners van regoor die wêreld Die Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied tydens die Julie-skoolvakansie sy vyfde jaarlikse driedagkongresse in Noordwes en die Wes-Kaap aan. Alhoewel ’n groot deel van die kongresse op wiskunde en Afrikaans Huistaal fokus, bied vanjaar se kongresse…

Lees meer

Lees meer

Nuwe gids verduidelik wat om te doen in jou uur van nood

Helpende Hand stel ’n gids vry met inligting oor stappe om te volg na die afsterwe van ’n geliefde Niemand hou daarvan om te dink aan die afsterwe van ’n geliefde nie, maar wanneer die tragedie jou in die gesig staar en jy nie weet wat om te doen nie, is die nood soveel groter….

Lees meer

Sente vir Studente bring ’n toekoms vir gemeenskappe

Helpende Hand loods projek om studiefondse in 175 dorpe te stig en verdubbel die fonds rand-vir-rand Solidariteit Helpende Hand se nuwe studieleningsprojek vra nie veel nie; inteendeel, die projek vra net die kleingeld in jou beursie. Die projek wil in 175 dorpe ’n fonds stig om ’n behoeftige student in die gebied met ’n studielening…

Lees meer