Helpende Hand Nuus

Helpende Hand bewillig R100 000 uit Rampgebied Studiefonds vir boere se kinders

Die ergste droogte in 55 jaar het die land se boere op hul knieë en hulp van die staat lyk onwaarskynlik na uitsprake van die regering. Helpende Hand het daarom besluit om die  Rampgebied Studiefonds wat tydens die Platinumstaking van 2014 gestig is hiervoor aan te wend en het R100,000 vir hierdie doel bewillig. Me….

Lees meer

Helpende Hand takel graadeens se grootste leerprobleme

Dis weer die tyd van die jaar dat voorskoolse kinders begin dink aan hulle “Eendag as ek groot is”-drome en al die uitdagings wat dit gaan bied. Solidariteit Helpende Hand gaan behoeftige kinders weereens van ʼn tassie voorsien. Die tassie bevat items wat van hul grootste leerprobleme kan uitstryk sodat hulle nie agterraak nie. Helpende…

Lees meer

Stel jouself voor jy hoor vir die eerste keer in jare…

Veertig bejaardes kon vir die eerste keer in jare hul geliefdes se stemme hoor, danksy Helpende Hand se Bejaardes-projek. Die bejaardes is almal hardhorend en moes gehoorapparate kry. Die eerste groep van 15 het hul apparate gekry en hulle reaksies daarop was merkwaardig. Die bejaardes, wat vroeër daardie maand deur die Impact Hearing-span getoets is,…

Lees meer

Kom ons maak Pongola vry, veilig en voorspoedig

Solidariteit Helpende Hand gaan in November ʼn plan bekendstel om Pongola van ʼn blinker toekoms te verseker. Helpende Hand wil al sy nasionale projekte in Pongola implementeer om sodoende ʼn helpende hand in die gemeenskap te wees. By die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad in Oktober vanjaar het Flip Buys gesê dat dit ons geslag se…

Lees meer

Malelane se Helpende Hand-tak stap deurnag vir kanker

Die Solidariteit Helpende Hand-tak op Malelane het hul pienk strikkies vasgesteek en hul ondersteuning vir Kansa gaan wys. Die kankervereniging het op 31 Oktober 2015 ’n fondsinsameling vir kankernavorsing gehou. Die Helpende Hand-tak het gekyk hoeveel rondtes hulle en ander spanne om die Malelane Rugbyklub se baan kan stap. Die aflosstap het om 18:00 begin…

Lees meer

Eksamentyd is hier, maak seker jy is voorbereid

Die Markplein is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is die eenstop-studiewinkel vir Wiskunde vir gr.4-12. Leerders wat wil voorberei vir eksamens kan hul vraestelle, werkkaarte, notas en selfs PowerPoint-skyfies hier kry. Departementele vraestelle is ook hier beskikbaar. Helpende Hand het besluit om Die Markplein op die been te bring weens die groot behoefte…

Lees meer

Hoe vêr kan jy tel?

Veronderstel dit neem 4 sek. om ’n nommer uit te spreek en jy begin tel van ‘n 10 jarige ouderdom en hou aan tel, sonder ophou, totdat jy 70 jaar oud word. Tot by watter nommer sal jy kan tel (ignoreer die skrikkeljare)? Antwoord: Wanneer iemand jou hierdie vra is die antwoord gewoonlik: “Sovêr soos…

Lees meer

Interessante Wiskunde brokkie

Lees meer

Assessering met die selfoon

Daar is fyn balans tussen onderwys tegnologie integreer en goeie gestruktureerde klas gee. Een ding is verseker as die tegnologie te moeilik is om aan te leer of elke keer snaaks reageer sal enige onderwyser dit eerder op sy sit. Die tyd is eenvoudig net te min om te sukkel met tegnologie wat nie-effektief werk nie. Die volgende sagteware is egter anders. Dit is maklik, eenvoudig om te integreer en kan dien as ’n magtige assesserings praktyk wat op enige vak van toepassing is.

Lees meer

Die Vrystaat-streek se sewe perfekte projekte van sewe takke

Die Vrystaat-streek het die afgelope tyd sewe projekte geloods. Die doel van die projekte was om gemeenskappe vaardighede aan te leer, bejaardes en kinders te bederf en ook om die gemeenskap vry en gesond te kry. Kroonstad Helpende Hand-tak het die inisiatief geneem om kreatiewe handvaardighede by Huis Eden aan te bied. Die inwoners van…

Lees meer

Gauteng-Suid se projekte bring ’n knop in mens se keel

Dit was ’n feestelike tyd vir die Gauteng-Suid-streek. Die Alberton-tak moes inderhaas ’n Kerspartytjie reël vir behoeftige gesinne wat hul woning moes ontruim. Daarna het hulle ’n partytjie vir 88 bejaardes gehou wat wyse woorde met hulle gedeel het. Daarby het een baie spesiale maatjie ’n splinternuwe paar skoolskoene gekry. Die Alberton-tak moes inderhaas ’n…

Lees meer

Mpumalanga sê baie dankie vir ’n baie goeie jaar

Mpumalanga is goed op dreef om die jaar op ’n hoë noot af te sluit. Hulle het by verskeie skole gaan dankie sê vir die groot verskil wat onderwysers in kinders se lewens maak. Christine Schoonbee van die Secunda-tak is aangewys as Mpumalanga se top vrywilliger. Die Komatipoort-tak het die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se…

Lees meer

Lente is in die lug in Noordwes

Die lente is in die lug. Na afloop van ʼn suksesvolle kongres in Buffelspoort, is ons reg om die laaste kwartaal van 2015 ten volle te benut om Afrikaner-armoede in ons streek aan te spreek. Met ons kliëntediensbeampte, Leanne Meyer, stewig ingeburger in die Klerksdorp-kantoor, en die stelselmatige groei in die aantal takke, is ek…

Lees meer

Groot bederf en gróót bakkies vorm deel van die Oos-Kaap se projekte

Die Jeffreysbaai-tak het dames genooi om deel te wees van ’n bederfoggend. Verskeie mense wat finansieel, emosioneel en liggaamlik swaarkry is genooi om bederf te word deur ’n heerlike voetmassering, hare en naels wat gedoen is en vele meer. Talle borge soos Izinto, Dischem en Woolworths is betrek. Dirk Ellis Motors in Jeffreysbaai het ’n…

Lees meer

Bets Muller bring manna uit die hemel

Tannie Bets Muller soek al jare lank na iemand wat haar sal bystaan om Klerksdorp se bejaardes te help. Solidariteit Helpende Hand se Klerksdorp-tak het gehoor gegee aan haar pleidooi met hulle Tuisgenoot-projek. Die Tuisgenoot-projek is daarop gemik om bejaardes by te staan met hulle daaglikse behoeftes. Muller koop bejaardes se kruideniersware, neem hulle dokter…

Lees meer

Helpende Hand maak dit maklik met nuwe apps om babas te versorg

Hoe om vir jou kinders te sorg, bly een van die belangrikste vaardighede wat enige persoon ooit gaan benodig. Solidariteit Helpende Hand se AppFabriek maak dit vir Jan Alleman moontlik om apps te bou waardeur hulle hul kennis met nuwe ouers kan deel. Helpende Hand het besluit om oud en jonk te leer hoe om…

Lees meer

Nuwe app haal die raai uit rooigras

Elke boer weet dat daar goeie en slegte gras is. Soms is dit nie maklik om die twee van mekaar te onderskei nie. Danksy ’n splinternuwe app is dit egter nou moontlik om ’n grassoort sommer dadelik op jou selfoon te kan identifiseer. Frik de Lange van Centurion het ’n unieke app ontwikkel en self…

Lees meer

Bejaardes van Kinross Herberg gee wenke vir die jeug

Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak het ‘n Kerspartytjie vir 88 bejaardes van Kinross Herberg gehou. Die bejaardes het inruil vir die lekker bederf die drie belangrikste wenke vir jongmense gegee. Op 24 Oktober 2015 het die tak by die outehuis opgedaag en daar is speletjies gespeel, pryse is uitgedeel en elke bejaarde het ‘n geskenkpakkies…

Lees meer

Kinderwagkamer by Ermelohof kry nuwe vere

Solidariteit Helpende Hand se Projek van die Maand is Ermelo se opknappings by die Ermelo Kinderhof as deel van die MyHeld-projek. Die doel van die projek was om die aanmelding van misdade vir kinders so pynloos as moontlik te maak. Na ‘n besoek aan die Ermelo Kinderhof as deel van die MyHeld-projek het die Helpende…

Lees meer

Nicolise Schambriel van Phalaborwa se hand staan vir niks verkeerd nie

Nicolise Schambriel is onlangs deur Solidariteit Helpende Hand aangewys as die nasionale vrywilliger van die jaar. Daarby is sy ook die voorsitter van die Phalaborwa-tak, wat aangewys is as die Nasionale tak van die Jaar in die Limpopo-streek. Schambriel is nou reeds ses jaar lank ’n vrywilliger en ondersteuner van Helpende Hand. Toe die tak…

Lees meer
Tegnologie help onderwyser ná ernstige besering 1

Helpende Hand voorsien meisies in Witbank van sanitêre produkte

Die meisies in Hoër Tegniese Skool Witbank moes hul skaamheid laat staan toe Solidariteit Helpende Hand ’n aanbieding oor #HelpHanna kom lewer het. Die bekende aktrise, Amalia Uys, wat die projek se ambassadeur is, was ook daar in die rol van Hanna. Onlangse navorsing deur Solidariteit Helpende Hand wys dat meer as 10% van skoolmeisies…

Lees meer

Bou jou eie app

Wil jy iets weet, doen, of sien? Daar is ’n app daarvoor, en as daar nie een is nie, kan JY nou een bou en geld dááruit maak. Dit is makliker as wat jy dink en jy benodig geen programmeringskennis daarvoor nie. Dit is dié beginsel wat Solidariteit Helpende Hand met ’n unieke projek, wat…

Lees meer

Regsom of linksom, hiérdie is SA se beste koeksisters

  Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie het bakkers van heinde en verre gelok, insluitend drie voormalige Huletts-koeksisterwenners en ’n bakker van Koekedoor-faam. Die wenners is egter Oom Willa en Tannie Johanna Rademeyer van Parys. Die Rademeyers woon in ʼn aftreeoord in Parys en bak elke week sowat 50 kg koeksisters. Hulle is ʼn gedugte…

Lees meer

Tien jaar van onbaatsugtige diens

Mariana Kriel is vanjaar tien jaar lank by die Solidariteit Beweging en is steeds so geesdriftig as op haar eerste dag in diens van die Beweging. Kriel het by Solidariteit se media-afdeling begin werk voordat sy oorgeplaas is na Helpende Hand om dié organisasie te ondersteun. Deesdae is sy die streeksorganiseerder van die Gauteng-Noord-streek. Onder…

Lees meer
Tuis 7

Wiskunde-probleme Sep 2015

Watter kleur sal 2015 wees? Tel ’n wit nommer en ’n blou nommer bymekaar. Watter kleur kry jy? Sal dit altyd die geval wees vir enige kombinasie van wit en blou? Antwoorde: Een metode is om die deelbaarheidsreël van 3 toe te pas. 2016 is deelbaar deur 3, want 2 + 0 + 1 +…

Lees meer

Brief aan die Rugby-Pa

Die rugby-wêreldbeker is oral om ons. Die gees van beroepsrugby is wonderlik en aansteeklik en die drome wat die rugby-pa vir sy seun koester kan maklik met hom weghardloop. Hierdie brief aan die rugby-pa wil graag perspektief bring tot hierdie wonderlike spel. Beste Rugby-Pa Baie dankie dat jy jou seun toelaat om rugby te speel…

Lees meer

Onderwyser-app vir Sep

Edmodo is ‘n opvoedkundige webwerf wat die idee van ‘n sosiale netwerk aanneem; verfyn en geskik maak vir gebruik in die klaskamer. Edmodo laat onderwysers toe om nie net veilig met leerders te kommunikeer oor die internet of selfoon nie, maar ook met ouers en mede onderwyser. As onderwyser kan jy bv. video’s, dokumente, ou vraestelle en lesse vanaf jou rekenaar oplaai en dit beskikbaar stel vir leerders.

Lees meer

Ouma Ella (86) brei 90 mussies

Ouma Ella is ’n inspirasie vir almal by Helpende Hand in Port Elizabeth-Wes. Sy het 90 mussies gebrei om die bejaardes by die ACVV Adcock van der Vyfer Atreeoord, ’n plaaslike ouetehuis, deur die laaste van koue van die winter te help. Die Helpende Hand tak in Port Elizabeth-Wes se projek, Warm hande brei warm…

Lees meer

Die Solidariteit Beweging hou Toekomsberaad op 10 Oktober 2015!

Werkbare planne sal aangekondig word om vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap ’n vrye, veilige en voorspoedige toekoms te bewerkstellig. Afgevaardigdes, lede en vriende van instellings van die Solidariteit Beweging sal na verwagting Saterdag 10 Oktober 2015 in Pretoria byeenkom vir ʼn historiese Toekomsberaad. Werkbare planne sal aangekondig word om vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap ’n vrye, veilige en voorspoedige…

Lees meer

My dag as bedelaar

Toe Isabel my vra of ek ’n boemelaar sal wees op Maandag 31 Augustus, het ek dadelik ja gesê, want ek hou van ’n uitdaging. Die oggend van 31 Augustus het ek egter gewonder waarvoor ek my ingelaat het! Dit het inderdaad langer geneem om gereed te maak om soos ’n boemelaar te lyk as…

Lees meer

Waarom jy nie vir bedelaars moet gee nie

Lede van Solidariteit Helpende Hand het saam met ’n groep studente by verkeersligte gebedel as deel van die #geeREG-veldtog. Vir die meeste was dit ’n vernederende en traumatiese ervaring. Die doel van die oefening was om bewustheid te skep oor die gevare daaraan verbonde as geld onnadenkend aan bedelaars gegee word. Voorts wou die oefening…

Lees meer

Helpende Hand se koeksisterkompetisie lok bekende bakkers

Solidariteit Helpende Hande se Stoofstories-kompetisie het bakkers van heinde en verre gelok, insluitend drie voormalige Huletts-koeksisterwenners en ’n bakker van Koekedoor-faam. Die publiek kan hierdie bekende bakkers se koeksisters kom proe by die finaal op 3 Oktober by die Hazelwood-kosmark in Pretoria. Helpende Hand nooi elke soettand hartlik uit om die land se beste koeksisters…

Lees meer

Mpumalanga September Nuusbrief

Snoepiegeld befonds warm etes vir behoeftige kindertjies Solidariteit Helpende Hand se Bethaltak het gehoor dat die snoepie by Laerskool HM Swart op soek is na ’n nuwe eienaar. Hulle het dadelik die geleentheid aangegryp om die snoepie te bestuur. Die wins uit die snoepie word gebruik om warm etes aan die skool se behoeftige kinders…

Lees meer

KwaZulu-Natal September Nuusbrief

Amanzimtoti-tak hou damesoggend Die Amanzimtoti-tak het by die damesoggend van die NG Kerk Suidkus met dames gesels oor die rol van die tak in hul gemeenskap en baie nuwe lede gewerf. Mej. Dowe SA, Leane van der Berg, was die vonkelvrou by die geleentheid. Sy het almal verstom het met haar ongelooflike toespraak. Twee weke…

Lees meer

Suid-Kaap September Nuusbrief

In die Suid- en Oos-Kaap is dit behoorlik aan die gons. Ons het nuwe takke in Mosselbaai, Uitenhage, Somerset-Oos en Patensie. Daar het ook ’n pragtige skenkingskantoor in Jeffreysbaai ontstaan. Die voorraad kom letterlik by die voordeur ingeloop! Die George-tak se mooi Helpende Hand-fietsryhempies was weer baie sigbaar tydens die Trans-Baviaans. Hou gerus die tak…

Lees meer

Helpende Hand vereer Jeffreysbaai-vrywilliger

Solidariteit Helpende Hand het tydens ’n glansgeleentheid op Buffelspoort, net buite Rustenburg, vir Marcelle van Schalkwyk aangewys as die Nasionale Vrywilliger van die Jaar. Helpende Hand is geheel en al van vrywilligers afhanklik om hul hande in die gemeenskap te wees. Geen goeie daad is moontlik sonder die hulp van die onbaatsugtige vrywilligers soos Van…

Lees meer

Helpende Hand kroon Nasionale Tak van die jaar

Solidariteit Helpende Hand het onlangs hulle top takke in hulle nege streke aangewys. Die takke, wat uitsluitlik bestaan uit vrywilligers, het die afgelope twee jaar ‘n daadwerklike verskil in die lewens van hulle gemeenskappe gemaak. Helpende Hand het tans 139 takke landwyd en die getal groei maandeliks. Bykans 1500 vrywilligers het dit vanjaar moontlik gemaak…

Lees meer

Witbank-afleggings: Dit raak ’n hartsnaar

Dit is ons tweede besoek aan Witbank waar gesinne gebuk gaan onder finansiële druk na aanleiding van die verwikkelinge by een van die grootste staalvervaardigers, Highveld Steel. Werkers word nie meer toegelaat om oortyd te werk nie en sommiges se inkomste het met tot R15 000 per maand gedaal.

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand stel “Tuisgenoot” aan om weerlose bejaardes sonder hysers by te staan

Sorgsentrum se hysbakke al maande buite werking; Tuisgenoot sal bejaardes se onmiddellike druk kan verlig Solidariteit Helpende Hand het by die Eric Holdtman Sentrum vir Bejaardes op die Tweedy Park- terrein in Brakpan ingegryp deur die aanstelling van ’n “Tuisgenoot”. Die Tuisgenoot sal die bejaarde inwoners wat grootliks vasgekeer is op die vloere waar hulle…

Lees meer

Pretoria-Noord se polisiestasie word kindervriendelik

Solidariteit Helpende Hand se Andeon-tak het meer as ’n honderd teddiebere, inkleurboeke en -kryte, asook leesboekies aan die polisiestasie in Pretoria-Noord geskenk. Die skenking sal ’n bydrae lewer om kinders op hul gemak te stel wanneer hulle misdade moet aanmeld. Die polisiestasie is tans besig om ʼn krisissentrum op die perseel in te rig waar…

Lees meer

80 Oupas en Oumas word bederf

Solidariteit Helpende Hand het oumas en oupas, wat liefde het om te gee, met behoeftige kleuters wat liefde nodig het, in aanraking gebring. Die groep kleuters en tagtig bejaardes het op 2 September in die Gereformeerde Kerk Laeveld se kerksaal ontmoet. Helpende Hand se Tzaneentak se dames, in samewerking met die mammas van Aqua Kleuterskool,…

Lees meer

12 kwessies met die omskakeling na parallelmediumskole

Baie Afrikaanse skole wat reeds vol is, word subtiel gedwing om na parallelmedium om te skakel. Skole wat tradisioneel Afrikaansmedium is en omskakel na parallelmedium, word uiteindelik slegs Engelse skole. Afrikaanse skole (d.m.v. hul beheerliggame) het die reg om hul taalbeleid vas te stel en het dus die reg om slegs Afrikaans te bly. Afrikaanse…

Lees meer

Helpende Hand stuur “Tuisgenoot” om desperate bejaardes te red

Hysbakke al maande buite werking terwyl siek bejaardes en selfs lyke teen tot agt stelle trappe op en af gedra moet word. Solidariteit Helpende Hand het besluit om by die Eric Holdtman Sentrum vir Bejaardes in Brakpan in te gryp. Die agtverdiepinggebou se goedere-hysbak is alreeds vier jaar buite werking en ongeveer drie maande gelede…

Lees meer

Kom geniet die dag saam by Helpende Hand se mark!

Solidariteit Helpende Hand hou op 26 September ʼn heerlike mark by Laerskool Swartklip. Die mark wil aan die plaaslike gemeenskap die geleentheid gee om vir hulle self werk te skep deur hul handgemaakte produkte te verkoop. Die mark beloof om groot pret te wees met 21 unieke stalletjies van spog uitstallers. Boeresport, springkastele en perdry…

Lees meer

Silwerkroon: Uitmuntende diens word beloon

Die Silwerkroon-toekenning het Solidariteit Helpende Hand oor die lengte en breedte van die land geneem om Suid-Afrika se top-bejaarde op te spoor. Felicity Combrinck (66), ’n pensionaris van Kroonstad, is aangewys as 2015 se wenner. Die doel van die kompetisie was om  bejaardes met die grootste passie vir hul medemens op te spoor én vir…

Lees meer

Steek op jou hand!

Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Suid is dringend op soek na vrywilligers wat ’n boodskap van hoop kan uitdra na hulle wat in stilte ly. Die Gauteng-Suid-streek het tans 15 vrywilliger-gedrewe takke wat droom om na ander gemeenskappe soos Springs, Brakpan, Nigel, Sasolburg, Carletonville, Westonaria en Randfontein uit te brei. Hierdie gemeenskappe is dringend op soek na…

Lees meer

Duisende by Solidariteit Beweging Toekomsberaad verwag

Duisende afgevaardigdes, lede en vriende van instellings van die Solidariteit Beweging sal na verwagting Saterdag, 10 Oktober 2015, in Pretoria byeenkom vir ʼn historiese Toekomsberaad. Dié beraad volg die Krisisberaad op, wat op 5 Mei vanjaar gehou en deur 1 500 mense by die Voortrekkermonument bygewoon is. Verskeie resolusies is toe aanvaar ter oplossing van die land se kernprobleme….

Lees meer

Beplan jou toekoms vroegtydig

Dit is nou die ideale tyd vir leerders, jongmense en ouers om te begin beplan en bou aan die toekoms.  Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) besoek die Suid-Kaap vanaf 10 – 12 September om psigometriese evaluerings te doen. Die doel van die SOS se besoek is om aan Afrikaanse jongmense in die omgewing van…

Lees meer

Jaarlikse JNA-toetse is ’n “politieke foefie”

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (V.A.W.), ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand is verheug dat hoë-profiel kenners in onderwyskringe saam met hulle krities teenoor die Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA) is. Volgens hierdie kenners is die JNA’s, wat deur leerlinge van gr.4-9 geskryf word, doelloos en mors beide leerlinge en onderwysers se kosbare kontaktyd in die…

Lees meer

Bewyse: Bedelaars is verslaaf

Bedelaars by verkeersligte en ander openbare plekke is meestal dwelmverslaafdes wat die geld wat hulle van die publiek kry, vir dwelms gebruik. Hierdie skokkende gevolgtrekking spruit uit onlangse navorsing wat deur Solidariteit Helpende Hand onder bedelaars gedoen is. Op grond van die studie glo Helpende Hand dat skenkings eerder aan betroubare instansies gemaak moet word…

Lees meer