Helpende Hand Nuus

HULP AAN ONDERWYSERS IS GOEIE PLAN, MAAR …

Solidariteit Helpende Hand se se Skoleondersteuningsentrum steun die inisiatief van die departement van basiese onderwys om deur die program vir die waardering en ondersteuning van onderwysers (Tasp) hulp vir onderwysers te bied.  Volgens hierdie program beoog Tasp om aandag te gee aan die verbetering van onderwysers se moraal, produktiwiteit en doeltreffendheid asook die aanspreek van…

Lees meer

Onderwyser-app vir Aug

As ek die aantal geheuestokkies wat ek al besit het, moet uitpak sal ek verseker van een rugby-paal na ’n ander kan loop. Tog is ek alewig op soek na ’n stokkie… Hierdie moedeloosheid het my genoodsaak om die tegnologie wêreld te ondersoek vir iets meer effektief waar ek my inligting kan stoor en dit makliker bekombaar kan wees. Google drive was vir my die antwoord. Vir die laaste jaar of so gebruik ek Google drive en het ek nou al gemaklik geraak om al my inligting daar te stoor.

Lees meer

Wiskunde-probleme van die maand: Augustus 2015

1.    Los die volgende probleem op sonder om gebruik te maak van gelyktydige vergelykings. Antwoord: Ma = 42 ; Seun = 12 ; Dogter = 9

Lees meer

Werkswinkel vir Afrikaans Huistaal as vak lok bykans 400 leerlinge

Bykans 400 graad 12-leerlinge woon eerskomende Saterdag, 29 Augustus, ’n werkswinkel vir Afrikaans Huistaal as vak by Hoërskool Zwartkop by. Dié gratis werkswinkel is ’n inisiatief van die Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum en sal fokus op leesbegrip, opsomming en taalleer. Gerda Kleynhans, departementshoof by Hoërskool Waterkloof, is al ’n ou hand in die opstel en nasien…

Lees meer

Veertien redes hoekom Afrikaanse skole gedy en dus moet bly!

Afrikaans word deur sewe miljoen Suid-Afrikaners as moedertaal gepraat en ’n verdere 13 miljoen praat gereeld Afrikaans. Bykans 22% van alle Suid-Afrikaners praat dus Afrikaans en dit is die derde grootste gebruikstaal in Suid-Afrika. Afrikaanse skole het van die beste skoolhoofde, onderwysleiers en onderwysers in die land. Afrikaanse skole word toegewyd deur bekwame beheerliggame bestuur….

Lees meer

Fleurenville begin dagsorg vir bejaardes in Pretoria

Vir talle bejaardes is eensaamheid ’n realiteit wat hul daaglikse bestaan vaal kleur. Fleurenville Dagsorg in Pretoria bied ’n oplossing deur ’n dagsorgsentrum te open. Die dagsorgsentrum is volledig toegerus om na die al behoeftes van bejaardes om te sien. Fleurenville Ondersteunings- en Sorgsentrum bied sedert Februarie 1988 gehalte-ondersteuning aan bejaardes in Pretoria. Daar word…

Lees meer

Die Vrystaatstreek se aktiwiteite vir Augustus

Solidariteit Helpende Hand se Aliwal-Noord-tak het Vrydagaand, 17 Julie 2015, ʼn warmhartige Winter Steak-ete en dans as ʼn fondsinsamelingsgeleentheid gehou. Die doel van die geleentheid was om fondse vir die tak se studiebeursfonds in te samel. Zanél van Rensburg, die takvoorsitter, het almal op die koue wintersaand verwelkom. ʼn Aanbieding met foto’s van projekte wat…

Lees meer

Die Gauteng-Suidstreek se aktiwiteite vir Augustus

Helpende Hand verbreek die ouderdomsgaping met unieke projek Solidariteit Helpende Hand het oumas en oupas wat liefde het om te gee, met behoeftige kleuters wat liefde nodig het, in aanraking gebring. Die groep van twintig kleuters en twintig bejaardes het by die Emmanuel Ouetehuis in Krugersdorp vir pizzas en deelname aan  ʼn vindingryke kunsprojek ontmoet….

Lees meer

Mpumalangastreek se aktiwiteite vir Augustus

Die Standerton-tak is onlangs gestig deur ʼn groep vroue met ʼn passie vir hul gemeenskap. Hulle is reeds besig om ’n groot verskil in die gemeenskap te maak met projekte wat hulle begin het. Die takvoorsitter, Lindie Davel, het gesê sy is opgewonde om betrokke te wees by Helpende Hand. Secunda-tak se Baadjie-vir-’n-Maatjie-projek het tot…

Lees meer

Helpende Hand spandeer duisende vir Limpopo- en Noordwes-kinders

Die Groblersdal-tak is jaarliks betrokke by ’n baie oulike inisiatief van die Vroue Landbou Unie (VLU) Kosmosstreek waar behoeftige en dikwels verwaarloosde dogters vanuit ’n paar dorpe op ’n lewensverrykingskamp geneem word en sommer behoorlik bederf word. Die tak borg elke jaar ’n paar van die dogters se koste om die kamp by te woon…

Lees meer

Noordwes en Noord-Kaapstreek se aktiwiteite vir Augustus

Die Noordwes- en Noord-Kaap-streek groei teen ’n bestendige tempo. Met die onlangse stigting van die Koster- en Stilfontein-takke is daar nou twintig takke in die streek. Bothaville-tak het ’n omvattende oplossing vir die beurtkragprobleem in die kinderhuis op Bothaville gebied met die voorsiening en installasie van ’n krag-omsetter en studieligte. Dit berg krag tydens normale…

Lees meer

Gauteng-Noord se aktiwiteite vir Augustus

Op 31 Julie het Hoërskool Overkruin se jaarlikse Blikkiebou-projek plaasgevind. Die projek het al in Januarie begin waar elke leerder drie blikkies kos in die eerste kwartaal en drie blikkies kos in die derde kwartaal skool toe gebring het met die oog om op die groot dag in siviele drag te mag skool toe gaan….

Lees meer

Weskaapstreek se aktiwiteite vir Augustus

Ons het Julie ’n Brackenfell-tak gestig en sommer met 35 nuwe ondersteuners afgeskop. Die tak het op 29 Augustus hul eerste uitreik by die Rusoord Tehuis. Die bejaardes sal bederf word met musiek, eetgoed en toiletware. Nieuwoudtville asook die Wes-Kaap Jeugtak word binnekort gestig. Kraaifontein-tak het hul eie studiefonds gestig. Die takke op Wellington en…

Lees meer

Die Oos- en Suidkaapstreek se aktiwiteite vir Augustus

Solidariteit Helpende Hand Mosselbaai se splinternuwe tak is op 7 Julie 2015 gestig.  ʼn Nuwe skenkingskantoor gaan ook binne kort op Mosselbaai geopen word.  Die tak is baie opgewonde en kan nie wag om ’n verskil in hul gemeenskap te begin maak nie. Van links na regs op die foto: Nic Scott – Voorsitter Erna…

Lees meer

ʼn Volhoubare buitemuurse program as positiewe bydrae tot onderwys en opvoedkunde

ʼn Volhoubare buitemuurse program as positiewe bydrae tot onderwys en opvoedkunde Dr. Pierre Edwards Hoof, Afrikaanse Hoër Seunskool Dit is geen geheim dat onderwys nou al vir meer as ʼn dekade knaend in die nuus is en, veral wat die departement van onderwys betref, is die nuus meesal nie goed nie. Ek verskuif die klem…

Lees meer

Afrikaanse leerders baat by self-doen-aksie

Meer as 25 wiskundeonderwysers het in minder as een week, ses Engelse hersieningsgidse volledig vertaal. Die ses Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA) hersieningsgidse vir gr. 4 – 9 is vertaal, taal versorg en is gratis beskikbaar aan onderwysers, ouers en leerders regoor die land. Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (V.A.W.), ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand…

Lees meer

Verwagte tyd berekening

’n Rot word aan die begin van ’n doolhof geplaas en moet van die begin tot einde deurbeweeg. Daar is 4 moontlike roetes wat die rot kan volg, die kans om enige roete te kies is gelyk. Roete A neem 5 minute en lei tot die einde, roete B neem 8 minute en lei tot…

Lees meer

Besit jou eie Apple iPad!

Laai die dokumentasie rakende die V.A.W. se nuwe opwindende video-projek Besit jou eie Apple Ipad Ons sien uit na jou aansoek! Ons werk nie net om te produseer nie, maar ook om waarde aan tyd te gee – Eugene Delacroix

Lees meer

Taboe-onderwerp laat ons meisies ly

Ons as Afrikaanssprekendes praat nie daaroor nie. Dit gebeur mos nie onder óns mense nie. Die realiteit is egter dat meisies in Afrikaanse skole tot 55 dae per jaar skool mis omdat hulle nie sanitêre produkte het nie. Ongelukkig is die meeste meisies te skaam om oor dié probleem te praat. Onlangse navorsing deur Solidariteit…

Lees meer
Maak gereed om saam te staan tydens afleggings

Maak gereed om saam te staan tydens afleggings

Duisende mense se lewens is in ʼn krisis gedompel nadat afleggings die afgelope paar weke regoor die land plaasgevind het. Volgens navorsing gaan 45 000 mense moontlik geraak word deur afleggings. Solidariteit Helpende Hand se Noodplan is reeds in werking, maar benodig die gemeenskap om deel te raak van die projek. Helpende Hand se fokus…

Lees meer
HELPENDE HAND-NOODPLAN VIR AFLEGGINGSKRISIS

HELPENDE HAND-NOODPLAN VIR AFLEGGINGSKRISIS

[su_box title=”OORSIG” box_color=”#41AF49″]Die afleggingskrisis dompel gesinne in ’n finansiële krisis wat elke vlak van hul bestaan beïnvloed. Solidariteit Helpende Hand se noodplan beoog om die volgende hulp te verleen:[/su_box] [su_heading size=”20″]Primêre Fokusse[/su_heading] Studiehulp – tersiêre vlak 1. Studiehulp aan Solidariteit-lede se kinders wat tans tersiêr studeer of wat beplan om in 2016 tersiêr te gaan…

Lees meer
Standing together for the 45 000 affected by retrenchments

Staan saam vir die 45 000 geraak deur afleggings

Duisende mense se lewens is in ʼn krisis gedompel nadat afleggings die afgelope paar weke regoor die land plaasgevind het. Solidariteit Helpende Hand reeds gereed met ʼn aksieplan wat baie verder sal strek as net die voorsiening van broodnodige kospakkies. “Volgens ‘n blitsverslag deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), wat more bekendgestel word, is die vakbond…

Lees meer
Afrikaans is pragtig en kragtig

Afrikaans is pragtig en kragtig

Solidariteit Helpende Hand se beroepsorganisasie vir Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT – Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers) is by ’n glansgeleentheid in Centurion amptelik bekendgestel. Op die vooraand van die 140ste herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) het Afrikaanse taalonderwysers opnuut kon ervaar dat Afrikaans ’n uitsonderlike mooi taal is wat danksy…

Lees meer
Beter oë en ore vir Pretoria-bejaardes

Beter oë en ore vir Pretoria-bejaardes

September is nie net die begin van ʼn nuwe seisoen nie; dis die kans op ʼn nuwe begin vir ʼn groep bejaardes.  Solidariteit Helpende Hand nooi behoeftige bejaardes wat gehoor- en gesiggestremd is om aansoek te doen vir gratis behandeling. Die projek wil hulp verleen aan 15 bejaardes wat katarakverwyderings en lensoorplantings benodig. Daar is…

Lees meer
Studielenings is beskikbaar vir mense in jou omgewing

Studielenings is beskikbaar vir mense in jou omgewing

Aansoeke vir rentevrye studielenings sluit op 31 September 2015 Dit is weer die tyd van die jaar wanneer voornemende studente en hul ouers begin sommetjies maak oor wat studies nou eintlik kos. Vir ʼn groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking is tersiêre onderrig weens beperkte fondse nie meer ʼn moontlikheid nie. Het jy geweet ’n…

Lees meer
Wiskunde-onderwysers gaan self departement se Engelse wiskundeboeke vertaal

Wiskunde-onderwysers gaan self departement se Engelse wiskundeboeke vertaal

Tientalle Afrikaanse wiskunde-onderwysers gaan op Woensdag 12 Augustus vrywillig kragte saamspan om wiskundeboeke, wat slegs in Engels deur die departement van basiese onderwys uitgegee word, in Afrikaans te vertaal. Die groot ontevredenheid wat tans onder wiskunde-onderwysers, skoolhoofde en beheerliggame heers weens hierdie swak besluit van die departement, het die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), ’n…

Lees meer
Die perfekte koeksister kom uit Parys

Die perfekte koeksister kom uit Parys

Die perfekte koeksister in die Noordwes- en Noordkaapprovinsie het die naweek uit Parys gekom. Die bakkers het almal op Potchefstroom bymekaar gekom om aan Solidariteit Helpende Hand se Stoofstorie Koeksisterkompetisie deel te neem. Willa en Johanna Rademeyer van Parys is as die wenners aangewys. Frieda Nel van Stella en Barbara Kotze van Leeudoringstad het onderskeidelik…

Lees meer
Departement se Wiskundehandboek dalk gronde vir toetssaak in Konstitusionele Hof 1

Departement se Wiskundehandboek dalk gronde vir toetssaak in Konstitusionele Hof

Solidariteit Helpende Hand se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers gaan omstrede Wiskundehandboek self vertaal Solidariteit Helpende Hand het vandag gewaarsku dat die Gautengse Departement van Onderwys se versuim om sy amptelike Wiskundehandleiding vir die numeriese Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA) vir grade 6 en 9 ook in Afrikaans beskikbaar te stel, moontlik gronde vir ʼn toetssaak in…

Lees meer
Tuis 7

Interessante wiskunde-brokkies

Een aand na ’n troue is die gaste op pad huis toe. Een dame sien dat daar nog heelwat kolwyntjies oor is op die koektafel. Sy besluit toe om 1/6 van die kolwyntjies saam met haar huis toe te neem. ’n Paar oomblikke later stap nog ’n gas verby en neem 1/5 van die kolwyntjies…

Lees meer

Wiskunde-probleem vir Julie

Wat is die volgende nommer in die ry?: 1, 11, 21, 1211, 111221 Antwoord: 312211 Verduideliking: Term 1 = 1 Term 2 = 11 word gelees as een 1 (lees term 1), m.a.w. 11 Term 3 = 21 word gelees as twee 1’s (lees term 2) Die volgende term beskryf die vorige term in die…

Lees meer
Kom wees deel van Helpende Hand se werkskeppingsdag!

Kom wees deel van Helpende Hand se werkskeppingsdag!

Kerf en saag jy? Brei en hekel jy, of is jy ’n bakster van formaat? Nou is jou kans om ʼn ekstra geldjie te maak by Solidariteit Helpende Hand se werkskeppingsdag op 26 September! Kom stel jou grátis stalletjie op en wees deel van die pret! Droom jy dat jou stokperdjie vir homself begin betaal?…

Lees meer

Helpende Hand verbreek die ouderdomsgaping met unieke projek

Solidariteit Helpende Hand het oumas en oupas, wat liefde het om te gee, met behoeftige kleuters wat liefde nodig het, in aanraking gebring. Die groep van twintig kleuters en twintig bejaardes het by die Emmanuel Ouetehuis in Krugersdorp vir pizza’s en deelname aan ʼn vindingryke kunsprojek ontmoet. Nadat daar lekker gesing en dans is, is…

Lees meer
Die beste koeksisters in Helpende Hand se kompetisie word met liefde gemaak

Die beste koeksisters in Helpende Hand se kompetisie word met liefde gemaak

Solidariteit Helpende Hand se uitdunrondtes in KwaZulu-Natal het op 25 Julie in Newcastle plaasgevind. Christa Dormehl van Amanzimtoti se koeksisters is as die provinsie se beste aangewys, Aart Verrips van Durban was tweede en Elizabeth Wilken van Richardsbaai het derde geëindig. Judy Kruger van die Vroue-landbou-unie (VLU) het die koeksisters beoordeel. Dormehl bak gereeld vir…

Lees meer
Die beste koeksisters in Helpende Hand se kompetisie word met liefde gemaak

Lees meer

Helpende Hand kry koeksisters by die dosyne in Limpopo

Solidariteit Helpende Hand was die naweek in Limpopo vir die Limpopo-been van Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie. Die kompetisie is op soek na die land se beste koeksisterresep sodat Helpende Hand dit kan gebruik om ʼn werkskeppingsprojek te loods. Die Limpopo-inskrywings vir die kompetisie is deur Elma Kleynhans van die Vroue-landbou-unie (VLU) beoordeel. Helpende Hand…

Lees meer
Louisa se koeksisters troef die Vrystaat-bibberweer

Louisa se koeksisters troef die Vrystaat-bibberweer

Die koudste van die koudste dae kon nie die koeksisterkompetisie se uitdunrondte in Bloemfontein keer nie. Dié keer was dit die Vrystaat se kans om te bewys dat hulle die beste koeksisterresep in Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie het. Louisa Vlok is aangewys as die wenner en Rina Bester en Portia van Geest het…

Lees meer
Koeksister-stryd breek uit in Mpumalanga

Koeksister-stryd breek uit in Mpumalanga

Dit wil voorkom of koeksister-bak ʼn amptelike sport in Mpumalanga vir oud en jonk is. Die uitdunrondte van Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetitise het op 18 Julie in Bethal, Mpumalanga plaasgevind. Nog ʼn finalis is in die landswye soektog na die beste koeksister gekroon. Gerda Swanepoel het met die louere weggestap, terwyl Magdel Steyn…

Lees meer

Lees meer
Hierdie tablette nié die beste medisyne vir ʼn ”siek” skoolstelsel nie – Solidariteit Helpende Hand

Hierdie tablette nié die beste medisyne vir ʼn ”siek” skoolstelsel nie – Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand het vandag gesê die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, se besluit om R1,2 miljard se tabletrekenaars aan matriekleerlinge by 375 behoeftige skole te versprei, bewys dat hy heeltemal uit voeling is met wat die werklike behoeftes in arm gemeenskappe is. Volgens Hugo Vermeulen, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Skole-ondersteuningsentrum,…

Lees meer

Helpende Hand eet en dans vir studiefondse

Solidariteit Helpende Hand se Aliwal-Noord-tak het Vrydagaand, 17 Julie 2015, ʼn warmhartige Winter Steak-ete en dans as ʼn fondsinsamelingsgeleentheid gehou. Die doel van die geleentheid was om fondse vir die tak se studiebeursfonds in te samel. Zanél van Rensburg, die takvoorsitster, het almal op die koue wintersaand verwelkom. ʼn Aanbieding met foto’s van projekte wat…

Lees meer

Helpende Hand versprei warm liefde en komberse

Die Solidariteit Helpende Hand se Warm-teen-die-winterkoue-projek op Waterval-Boven het die nodige warmte verskaf deurdat komberse aan die inwoners by ʼn plaaslike ouetehuis oorhandig is. Die Helpende Hand-tak in Nelspruit het komberse aan die 28 inwoners van die Silwerdae Ouetehuis oorhandig. Daar is persoonlik met al die inwoners gesels en saam met hulle tee gedrink. Die…

Lees meer

Solidariteit Helpende Hand help met tekkies vir koue voetjies

As ʼn mens nie eet nie kan jy nie leer nie,  en om te leer met koue voete is ook nie maklik nie! Solidariteit Helpende Hand se Vereeniging-tak gaan ʼn plaaslike laerskool ondersteun deur 85 paar tekkies vir leerlinge in die skool se voedingskema in te samel. Hulle kan dit by die skool saam met…

Lees meer

Mpumalanga skenk elektriese toestelle

ʼn Groot hoeveelheid elektriese toestelle is die afgelope tyd aan behoeftiges gegee om mense se lewens dramaties te verbeter. Die Bethal-tak het, as deel van die Kosblikkieprojek, aan Laerskool Marietjie van Niekerk se Kleuterskool ’n oond en ʼn mikrogolf geskenk. Die skool spaar al ’n geruime tyd daarvoor en dit was voorwaar ʼn voorreg om…

Lees meer
Behoeftige kleuters baat by studente se hulp

Behoeftige kleuters baat by studente se hulp

As deel van hul internskapprogram by Solidariteit Helpende Hand het vyf studente van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus ʼn kleuterskool van Filadelfia Ark met ’n aanbieding oor gesonde eetgewoontes verras. Filadelfia Ark is ʼn sorgsentrum vir hawelose mense op ʼn plaas in Kameeldrift Wes wat verblyf, kos en klere aan hul verskaf. Die uitreik…

Lees meer
GESOEK: Die lekkerste koeksister in Suid-Afrika!

Koeksisterkompetisie bevorder die Afrikaner-tradisie

Me. Juliana Griessel van Heidelberg is by die Gauteng-Suid-streek se uitdunne van Helpende Hand se Stoofstories: Koeksisterkompetisie in die eerste plek gekroon. Elf deelnemers uit hierdie streek het meegeding om as die bobaas-koeksisterbakker van Gauteng-Suid gekroon te word.  In die tweede plek was die jongste deelnemer, Petri Dippenaar, en Ria Visser het derde plek behaal….

Lees meer

Helpende Hand vat huurtribunaal aan

Die voortbestaan van ʼn behuisingskema vir bejaarde persone in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het onder druk gekom nadat ’n groep inwoners die tehuis by die plaaslike huurtribunaal oor die verblyffooie gaan verkla het. Solidariteit Helpende Hand het besluit om in te gryp en die huurtribunaal aan te vat. Die huurtribunaal het die betrokke behuisingskema…

Lees meer

124 misdade daagliks teen kinders gepleeg

Projekte vir opknapping van kindersentrums skop regoor SA af Solidariteit Helpende Hand het ʼn nuwe veldtog van stapel gestuur om bewustheid te skep oor die omstandighede waarin kinders misdade aanmeld. Verlede jaar is 45 230 strafsake teen kinders aangemeld. Helpende Hand se 127 takke sal daarom vanaf eerskomende Vrydag 17 Julie ondersoek instel oor wat presies…

Lees meer
What is Helping Hand’s passion?

Waaroor is Helpende Hand passievol?

Jim Collins skryf in sy boek “Good to Great and the Social Sector” dat ’n Maatskappy Sonder Winsbejag (MSW) soos Helpende Hand op drie vrae moet fokus om sukses te verseker: 1) Waaroor is jy passievol? 2) Waarmee kan jy die beste in die land wees? en 3) Watter bronne is jou dryfkrag? By ons…

Lees meer

Brits se soektog na pleegouers

Solidariteit Helpende Hand het besluit om Brits en die omliggende area se tekort aan pleegouers aan te spreek. Lede van die publiek wat belangstel om pleegouers te word, kan op die Pleegsorg-platform registreer en daarmee in aanraking kom met maatskaplike organisasies wat dringend op soek is na pleegouers. Helpende Hand kry gereeld met maatskaplike gevalle…

Lees meer

Helpende Hand beplan ʼn tak in jou area

Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Noord-tak beplan iets opwindends en soek mense  wat  ʼn hart vir hulle medemens het. Die plan is om ses takke te stig om daarmee die hoeveelheid mense wat Helpende Hand kan bereik dramaties te vermeerder. Om hierdie droom te verwesenlik, het hulle besluit om ʼn takstigtingsvergadering te reël vir almal wat…

Lees meer