Skip to content

Nuusbrief: Inskrywings nou oop vir Projek van die Jaar 2014

Deur Anel du Preez

Helpende Hand bied aan al die Helpende Hand-takke en lede van die Solidariteit Beweging die geleentheid om ʼn verskil in hul gemeenskappe te maak deur ʼn kompetisie genaamd Projek van die Jaar van stapel te stuur.

Met dié projek het ons ten doel om jou touwys te maak oor hoe jy ʼn goeie projek kan saamstel wat op die verligting, voorkoming en verbreking van Afrikaner-armoede en die volhoubare bemagtiging van die Afrikaner-gemeenskap fokus. Helpende Hand ondersteun jou ook met kapitaal om die projek van stapel te stuur en sal in September 2014 drie wenners aankondig wat ʼn totale prysgeld van R300 000 sal ontvang om die projekte verder te voer.

Die Projek van die Jaar kompetisie loods op 10 Februarie 2014 en die aansoekvorms kan op Helpende Hand se webtuiste gevind word by www.helpendehand.co.za. Aansoeke sluit op 27 Maart 2014.

Kontak Anel du Preez by [email protected] vir meer inligting.