Onnodig-Doen jy die wiskunde

Ekstra Wiskunde of ekstra geld?

Wiskunde is een van die belangrikste vakke op skool, maar ongelukkig is daar baie leerlinge wat sukkel met wiskunde. Baie van hiérdie leerlinge neem dan ekstra wiskunde klasse.

Die vraag is egter of ekstra wiskunde klasse regtig nodig is en of dit net ekstra geld is wat betaal moet word vir iets wat nie regtig help nie?

Volgens Valentyn van der Merwe, ʼn Afrikaanse wiskunde onderwyser bied ekstra wiskunde klasse leerlinge ʼn ekstra geleentheid om wiskundige konsepte vêrder in te oefen en beter te verstaan, sodat hulle beter kan presteer. Navorsing toon dat mense se prestasie in wiskunde verbeter met baie repetisie en inoefening van konsepte.

Tegnologie word reeds in skole gebruik om wiskunde te bevorder. Daar is ʼn wye reeks van programme, hardeware en apps beskikbaar op die mark.

Onderwysers gebruik interaktiewe witborde, voorstellings en ʼn reeks van ander beskikbare tegnologie met die aanbied van lesse. By sommige skole plaas die onderwysers ook al die klas notas, memorandums van toetse, ekstra bronne en so meer op ʼn platform (bv. Moodle) sodat leerlinge 24 uur per dag toegang het tot al die werk wat in die klas behandel is.

Wiskunde onderwysers in Afrikaanse skole is beslis van wêreldgehalte en hulle is verantwoordelik vir ons toekomstige ingenieurs, dokters ensovoorts. Leerlinge wat in wiskunde wil presteer moet hardwerkend wees en die nodige ure insit om goed te wees met wiskunde.

Daar is twee soorte leerlinge wat ekstra wiskunde klasse neem: dié wat ekstra klas gebruik vir ekstra inoefening en dié wat ekstra klasse neem om die week se werk op te vang.

In die eerste geval kan mens beslis die verskil sien in so ʼn leerling se wiskunde prestasie. In die tweede geval doen die leerling dikwels swakker, omdat hy of sy nie op sy of haar eie ook hul wiskunde behoorlik inoefen en onder die knie kry nie.

Om tot ‘n gevolgtrekking te kom is ek van mening dat die sukses van Ekstra Wiskunde klasse afhang van die leerder. Jy besluit self of jy gaan hard werk en volhou met die klasse.