Ons Plek Suidkus Kleuterskool: Sentrumbestuurder

Ons Plek Suidkus Kleuterskool: Sentrumbestuurder

Aansoeke Sluit op: 1 Julie 2026

Solidariteit Helpende Hand Ons Plek Suidkus is op soek na 'n dinamiese, selfgedrewe, gemotiveerde persoon wat verantwoordelikheid kan neem vir die algehele leiding en bestuur van die kleuterskool.

Die kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • 'n Onderwys- (VKO vlak 5) of soortgelyke kwalifikasie in bestuur
  • Minstens 5 jaar ervaring in ‘n bestuursposisie, verkieslik in die onderwys-, maatskaplikewerk- of gemeenskapsontwikkeling-sektor

Die volgende sal tot die kandidaat se voordeel strek:

  • Goeie leierskap- en bestuursvaardighede
  • Sterk administratiewe vaardighede
  • Kennis van en ervaring in projekkoördinering
  • Kennis van en ondervinding in finansiële bestuur en begrotings
  • Uitstekende menseverhoudings
  • Liefde en 'n passie vir kinders
  • Noodhulpkennis

Die sentrumbestuurder se verantwoordelikhede sluit die volgende in:

  • Leierskap en bestuur
    • Effektiewe bestuur en koördinering asook doeltreffende aanwending van personeel by die Ons Plek
    • Verskaffing van leiding in samewerking met die streeks- maatskaplike werker om maatskaplike probleme en uitdagings te hanteer
    • Beplanning en bestuur van daaglikse aktiwiteite by die Ons Plek
    • Doeltreffende administrasie van die sentrum, inskrywings, dokumentasie en finansies
    • Die nakoming van plaaslike regulasies en nasionale wetgewing
    • Koördinering van fondsinsamelingsprojekte en werwing van ondersteuners en donateurs
  • Strategiese en operasionele beplanning en implimentering
    • Strategiese ontwikkeling, implimentering en evaluering van doelstellings en doelwitte vir die Ons Plek as geheel
  • Ontwikkeling en implementering van beleide
    • Dra by tot die identifisering van gapings in en die ontwikkeling en hersiening van Ons Plek-beleide en -prosedures in samewerking met die Hoof van Sentrums en Nasionale Strukture
    • Monitering van nakoming van relevante beleide by die Ons Plek
    • Skepping en handhawing van ’n positiewe en inklusiewe leeromgewing vir kinders in die kleuterskool om te verseker dat elke kind sy potensiaal ontwikkel
  • Personeelbestuur, -beplanning en -koördinering
  • Toesig oor veiligheidsprotokolle, noodhulp en die welstand van die personeel en kinders

Indien jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke terugvoer ontvang nie,

kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.