Ons Winkels te koop
Is jy 'n entrepreneur, kreatief en betrokke by jou gemeenskap? Hier is 'n wonderlike geleentheid om met Helpende Hand se Ons Winkels hande te vat.
Die volgende Ons Winkels is te koop:
Ons Winkel Naboomspruit
Tanya Potgieter
065 953 7760
Ons Winkel Reitz
Gerté Fouche
083 285 1189
Indien jy in die geleentheid belangstel, kontak gerus die winkeleienaar op die nommer wat langs hul naam tussen hakies verskyn.
Wat behels dit?
- Ons Winkels ontvang skenkings van die publiek en sit dit om in kapitaal (verkoop dit).
- Die kapitaal voorsien die eienaar van 'n inkomste en befonds onder andere studiefondse en maatskaplike projekte in die
- As eienaar sal jy verantwoordelik wees vir die bestuur van en daaglikse pligte in die winkel.
Jy is ideaal vir die posisie indien jy oor die volgende beskik:
- Ervaring as eienaar of bestuurder van 'n besigheid
- Jou eie voertuig
- Kennis van personeelaangeleenthede
- MS Office-vaardighede
- Kennis van bemarking en sosiale media