Oudtshoornse graad-eentjies kry steun van Skooltassieprojek

Mediaverklaring

Solidariteit Helpende Hand Fonds

7 Februarie 2008

Oudtshoornse graad-eentjies kry steun van Skooltassieprojek

Met ? tassie in die een hand en ? pak skryfbehoeftes in die ander kan 12 graad-eentjies van Scheeperskraal Primêr in Oudtshoorn hul skoolloopbaan aanpak. Solidariteit se Helpende Hand Fonds het dié 12 leerlinge, tesame met sowat 2 000 ander behoeftige graad-eentjies in die res van die land, gekies om by die Fonds se Skooltassieprojek te baat.

 

Die Fonds het die projek teen November verlede jaar van stapel laat loop om te verseker dat elke Afrikaanse graad-eentjie sy skoolloopbaan ten minste met die basiese skryfbehoeftes kan begin. Meer as R250 000 is uitsluitlik vir die projek ingesamel.

 

Skole regoor Suid-Afrika is genader om die behoefte onder graad-eentjies te bepaal. “Ons het uit die staanspoor geweet dat die nood groot is, maar dit is in werklikheid selfs meer skokkend as wat ons gedink het,” sê Mariana Kriel, projekbestuurder van die Fonds.

 

Helpende Hand het in Januarie met mening begin om skooltassies deur die hele land uit te deel. Verspreiding in Mpumalanga, Noordwes, Limpopo, Vrystaat en Gauteng is reeds afgehandel, terwyl skenkings aan skole in die Wes-Kaap tans gedoen word.

 

Buiten die skenking aan Scheeperskraal Primêr het die Fonds ook skooltassies aan verskeie ander skole in die Wes-Kaap geskenk. Skenkings is onder meer ook aan Laerskool Arrieskraal in Grabouw, Laerskool Voorspoed in Hanoverpark, Hillcrest Primêr in Wellington en Grosvernor Primêr in Atlantis geskenk.

Deel met jou vriende










Submit

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>