Ouma Ella (86) brei 90 mussies

Ouma Ella is ’n inspirasie vir almal by Helpende Hand in Port Elizabeth-Wes. Sy het 90 mussies gebrei om die bejaardes by die ACVV Adcock van der Vyfer Atreeoord, ’n plaaslike ouetehuis, deur die laaste van koue van die winter te help.

Die Helpende Hand tak in Port Elizabeth-Wes se projek, Warm hande brei warm musse, het ’n lewe van sy eie gekry toe Ouma Ella betrokke geraak het. Sy het op haar eie 90 mussies gebrei vir die projek.

“Ek wou graag iets doen vir die gemeenskap en ek hou myself besig deur te brei,” sê Ouma Ella. “Dit is my manier om waardig te voel.”

Baie ander was so aangedaan deur Ouma Ella se harde werk dat hulle ook begin het om mussies te brei.’n Maatskappy met die naam, IT Design, het ook betrokke geraak by die projek en ‘n mikrogolfoond aan die inwoners van die ouetehuis geskenk.

Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag en fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede. Die organisasie het 126 takke landwyd wat deur vrywilligers bestuur word. Vir verdere inligting kontak Marlene Basson op 041 364 3219 of praat met Pieter van Staden by 083 650 6496.