Solidariteit Helpende Hand is saam passievol oor PassieVol

2026-Passievol-square-reel_result-1-1024x1024

PassieVol keer in 2026 terug met selfs méér passie, méér musiek en méér van God se teenwoordigheid, met die fokus op Jesus die Oorwinnaar.

Voelgoed Media en Moreleta Kerk bring op 19 April 2026 om 17:00 weer van Suid-Afrika se voorste musiekkunstenaars saam op een verhoog by Moreleta Kerk. Kunstenaars soos Ruan Josh, Retief Burger, Monique Steyn, Heinz Winckler, Juanita du Plessis, Chris Else en Elmé Churr sal optree. Voor ’n gehoor van bykans 6 000 gelowiges beloof hierdie aand om ’n besondere geloofservaring te wees.

Solidariteit Helpende Hand ondersteun met trots Voelgoed Media en vanjaar se PassieVol-vertoning.

Om Solidariteit Helpende Hand te ondersteun, wys jy jou passie om ’n verskil te maak in jou gemeenskap.

Reik jou hand uit na jou gemeenskap en klik hier om betrokke te raak.

PayFast

Sluit aan as 'n Solidariteit Helpende Hand Ondersteuner: