Plaasmoord Studiefonds vir Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum

Die nuutste statistiek oor plaasmoorde toon aan dat daar 680 plaasaanvalle en 94 plaasmoorde per jaar (byna twee per dag) in Suid-Afrika is.
In die meeste gevalle is die slagoffers van plaasaanvalle ook geweldig kwesbaar. ‘n Mens lees gedurig van vroue, kinders en bejaardes wat erg mishandel word. Hierdie stories, die wreedheid daarvan en die leemte wat dit in ons gemeenskappe laat, het Solidariteit Helpende Hand laat besef dat ons as ‘n organisasie tot aksie moet oorgaan en moet help om verligting te bring.

In 2017 het die Studiefondssentrum ‘n fonds begin wat kinders van vermoorde plaasboere finansieel bystaan om ten einde hul studies te voltooi. Ons wil hê dat hierdie kinders in staat moet wees om sonder onnodige finansiële bekommernisse hul studies te voltooi.

Volgens dr. Danie Brink, besturende hoof van Helpende Hand is dit nou die tyd om op te staan vir die kinders van vermoorde boere. “Ons kan nooit die hartseer en trauma van ‘n plaasmoord wegneem nie, maar ons kan hierdie klein gebaar gebruik om kinders te help studeer,” meen Brink.

Die publiek kan direk tot die fonds bydra deur geld in Helpende Hand se rekening in te betaal, of deur die woord “Help” te SMS na 38969 (SMS kos R10). ʼn Verteenwoordiger van Helpende Hand sal jou dan skakel om verdere reëlings te tref.

Die bankbesonderhede is:
Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Plaasmoord Studiefonds