Projek KZN

'N INISIATIEF VAN DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST

Projek KZN

'N INISIATIEF VAN DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST

Projek KZN het ten doel om hoop vir Afrikaanse studente te skep van wie die geleentheid om te studeer, ontneem is deur die onlangse plundering, boewery en verwoesting in KwaZulu-Natal.

 

Dit is egter nie net besighede wat geraak word nie, maar ook families en huishoudings. In huishoudings waar matrikulante met opgewondenheid na hul eerste klas as volwaardige universiteitstudent kon uitsien, moet ouers die teleurstelling en hartseer in hierdie blinkoog leerders se gesigte sien, as met hulle kinders meedeel waarom daar nie finansies vir tersiêre studies in 2022 – of selfs vir die volgende vyf tot tien jaar – is nie. Jy kan egter hierdie studente se studiedrome help bewaarheid deur ʼn maandelikse of eenmalige skenking aan die Helpende Hand Studietrust (HHST) te maak.

 

Die HHST is ʼn Solidariteit Helpende Hand-inisiatief, en dit is ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studies deur middel van rentevrye studielenings moontlik maak. Ons het oor die afgelope 11 jaar hard gewerk om meer as R238 miljoen aan 6 300 behoeftige en verdienstelike Afrikaanse studente vir hul tersiêre studies te gee. Maak vandag ʼn skenking aan die HHST om ʼn lewensveranderende verskil in Afrikaanse studente se lewens te maak.

Wil u graag 'n donasie maak aan hierdie projek?

Naam en Van*
Maandeliks
Ek gee toestemming*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.