Projekte met Hart April

Lees gerus waarmee Solidariteit Helpende Hand se takke mee besig is. Hier projekte met hart word maandeliks opgedateer.

 

HENNEMAN

Die Hennenman-tak het ’n finansiële werkswinkel aangebied op Saterdag 14 April waartydens die gaste ingelig was oor verskeie finansiële aspekte wat hulle sente kan rek. Temas wat aangeraak was is as volg:
• Skuld
• Spaar
• Besteding
• Begrotings
• Testamente e.a. belangrike dokumente
• SASSA-aansoeke
• Bankrekeninge
Verskeie borge is gekry vir die oggend om die mense bietjie te bederf. ABSA borg vir elke persoon ‘n notaboekie en pen, Twizza borg vir elkeen ‘n botteltjie water, Tiaan van Zyl borg vir elkeen ‘n pakkie lekkers. Al die kinders wat daar was, het elkeen ‘n spaarbussie met lekkers in present gekry by die spreker. Die spreker was Lizette du Plessis, ‘n plaaslike inwoner en eienaar van GLOBAL GROWTH INVESTMENTS (PTY) LTD en lid van die plaaslike en groter besigheidskamers.
55 gaste het opgedaag – ons plaas ’n waarde van R4000 op hierdie funksie.

OOS-KAAP-STREEK

  • Agt van die Oos-Kaap se veertien takke woon die streek se eerste Streeksraadvergadering by en word geinspireer #metHart deur Hannes Noëth. Die funksie word afgesuit met ‘n heerlike rivierbootrit.
  • Die Oos Kaap streekkantoor beman saam met die Solidariteit Beweging-kantoor die Luister! FM gholfdag in Uitenhage.
  • ‘n Skenking van R 10 000.00 word aangewend vir ongeveer die helfte van ‘n behoeftige seun se koshuisfooie by Hoërskool Nico Malan in Humansdorp.

DESPATCH

  • Twee behoeftige Graad R’e se skoolfooie word betaal vir kwartaal 2
  • Twee jong manne word bygestaan met fondse en verkry hul Kode 14 bestuurslisensies en is nou reg vir werk.

HUMANSDORP

  • Die tak hou ‘n Mandjiedans fondsinsamelings-projek. Fondse word aangewend vir skoolkinders- en bejaarde projekte.
  • Die Humansdorp Tuisgenoot besoek 4 bejaarde gesinne by hul wonings en verskaf voedsel vir die maand.

JEFFREYSBAAI

  • Die tak ondersteun drie (3) hoerskool leerlinge in kwartaal 2 met koshuisfooie.
  • Nog twee (2) hoerskool leerlinge se busvervoer tussen Jeffreysbaai en Humansdorp word gedek en so word verseker dat hulle by die skool uitkom.

SETPERK LEGENDES (OOS-KAAP STREEK-TAK)

  • ‘n Nuwe tak met gholf en weeskinders as fokus, word gestig. Die tak is tans besig om ‘n gholfdag vir Uitenhage-tak te reël vir 1 September 2018.

UITENHAGE

  • Die hartsboksies-projek samel toiletware in reg deur die jaar om ‘n paar behoeftige gesinne vir Kersfees te bederf.

LETSITELE

Hou reuse-gholfdag vir fondsinsameling – en het in die eerste kwartaal 11 bemagtiging projekte vir kinders gedoen.

NAGTEGALE NABOOMSPRUIT

Takstigting, die eerste tak wat ‘n platform  bied vir hulp aan plaasaanval slagoffers

NABOOMSPRUIT

Groot beplanning rondom studiefonds

NORTHAM

Tak-herstigting

WAGPOS-JEUG

Verwelkom eersdaags nuwe lede

RUSTENBURG

Doen opknapping van tuine by tehuis vir gestremdes

STRAND

40 Mense daag op by Strand tak se Inligtingsaand.

PAARL

Paarl se bejaardes kyk heerlik fliek wat gereël is deur die Paarl Helpende Hand-tak.

Wil jy graag 'n verskil maak?

Word 'n Solidariteit Helpende Hand ondersteuner!