Projekte met Hart – Junie (2)

Hier is die nuutste Projekte met Hart uit Helpende Hand se trotse vrywilligers!

Gauteng-Suid

Kempton Park-tak

Solidariteit Helpende Hand Kempton Park-tak, het ‘n projek aangepak om hoop te saai onder minderbevoorregte tiener-dametjies.  Die eerste fase van die projek was geloots, en vul ‘n “Sakkie van hoop” was gedeel met die gemeenskap in die Oos Rand-area.   Sommer vinnig is daar genoeg toewyding van die gemeenskap, om genoeg sakkies te vul vir die aantal minderbevoorregte dametjies wat dit benodig.  Die “Sakkies van Hoop” was gevul met basiese tioletware vir die dametjies, om te help om hulle op te hef asook om persoonlike higiëne en selfbeeld te bou.

Vrystaat

Hennenman: Rushof Hoender

Die bestuur besluit om maandeliks vir Tannie Hester Moolman wat kos maak vir Rushof se mense, R500 se hoendervleis te skenk.  Rushof is die plaaslike ouetehuis en daar is 50 – 60 mense waarvoor tannie Hester 3 dae per week kos kook.  Elke ete se bestanddele kos sowat R700.  Ons voel hierdie klein skenking sal haar ‘n entjie verder kan bring.  Hulle gee ook vir behoeftige inwoners die ete gratis – ons ondersteuning maak dit beslis vir hulle makliker om die mense te help.

Bloemfontein-Suid: Skoolskoene

Die Bloemfontein-suidtak het besluit om 22 pare skool skoene te skenk aan gesinne wat nie skoolskoene kan bekostig vir die winter nie. Hulle het navorsing by die skool gedoen en 16 huisgesinne uitgesonder wat baie swaar kry en nie skoolskoene kan bekostig vir hulle kinders nie. Hulle begroot R1930 om die skool skoene teen ‘n spesiale prys aan te koop.

Bloemfontein Via: Verjaarsdagwense 103 en 104

Saterdag die 12de Mei  het die Bloemfonteinse Vroue-tak onder leiding van Tammy Morey, twee spesiale inwoners van Siesta Aftree-oord gaan gelukwens met hulle verjaarsdae. Tannie Naude het in die week 104 geword en Tannie van Der Sjide het Sondag 103 geword. Daar is heerlik saam met hulle gekuier en sommer ook aan die ander inwoners Kolwyntjies uitgedeel vir Moedersdag.  Maryna en haar lede van Dan Pienaar Buurtwag het ook sommer die middag saam met ons kom kuier.

Tammy en Nola van die Bloemfontein Via-tak het gaan besoek aflê by Siësta aftree-oord om gesiggies op 3 bejaardes se gesiggies te laat. Tannie Naude (104), Van Der Syjde (103) en Mouton het elkeen ‘n handgebreide teddiebeer gekry.

Bloemfontein Omgee: Dr Visser sap en serpe

Hester bekker van die Bloemfontein Omgee-tak het sap by Pioneer Foods as skenking gekry. Die tak het besluit om die sap te gaan uitdeel by behoeftige gesinne asook van die sap te skenk vir Dr Visser se kosblikkie-projek.

Die Bloemfontein Via-tak het 85 gebreide serpe as skenking ontvang van ʼn breigroep (Tannie Elizabeth en haar span) van Westerbloem aftree-oord. Die tak besluit om die serpe te gaan uitdeel by Dr. Visserskool vir minderbevoorregte kinders.

Reddersburg: Quad bike- en dam-uitstappie

Loanda Gouws voorsitter van die Reddersburg-tak het besluit om ʼn paar kinders van die Reddersburg Kinderhuis vir ʼn uitstappie na die dam te neem. Daar het sy en ʼn paar vriende hulle bederf met koeldrank, skyfies en lekkergoedpakkies.

Loanda Gouws die takvoorsitter van die Reddersburg-tak het besluit om Sondag die 13 Mei die meisies van Reddersburg kinderhuis uit te vat op ʼn Quad bike uitstappie. Hulle het die baan van die hoërskool daarvoor gebruik. Hulle is ook bederf met koeldrank, skyfies en lekkergoed.