REKENMEESTER
REKENMEESTER
Aansoeke sluit 7 Januarie 2026
Solidariteit Helpende Hand het tans 'n pos vir 'n rekenmeester beskikbaar. Die pos is in Irene, Centurion gebaseer.
Minimumvereistes sluit die volgende in:
- 'n Voltooide BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe met Finansiële Rekeningkunde III
- Ten minste drie jaar ervaring in 'n soortgelyke werksomgewing
- Voltooide SAIPA- of SAICA-klerkskap
- Kennis van en ervaring in Sage Intacct, Caseware, MS Excel en MS Word
Vaardighede wat verlang word, sluit die volgende in:
- Akkuraatheid, stiptelikheid en eerlikheid
- Rekeningkundige vaardighede
- Goeie organiserings- en kommunikasievaardighede
- Handhawing van goeie menseverhoudings
- Vermoë om in 'n span te werk
- Vermoë om onder druk te werk
- Administratiewe vaardighede
- Tik- en rekenaarvaardighede
Pligte sluit onder meer die volgende in maar is nie daartoe beperk nie:
- Teboekstelling van bankrekeninge en bankrekonsiliasies
- Betalings en rekonsiliasies van krediteure
- Bestuur van debiteure en invordering in samewerking met die betrokke afdelings
- Uitreiking van maandelikse fakture
- Bestuur van die vastebateregister
- Maandelikse joernale
- Intermaatskappytransaksies
- Voorbereiding van interim- en jaarlikse ouditlêers
- Ad hoc-projekte in die finansiële afdeling