Seniors in Aksie

Smiling active senior people stretching and exercising together in the park

Seniors in Aksie

Solidariteit Helpende Hand heg besondere waarde aan ons ouer geslag, aangesien hulle die ruggraat van ons gemeenskappe is. Nie net kan ons senior burgers ryke lewenservarings met ons deel nie, maar hulle het ook ons geskiedenis, kultuur en waardes help vorm.

Helpende Hand het egter deur navorsing bevind dat eensaamheid die grootste bron van ongelukkigheid onder senior burgers is. Die impak van eensaamheid op enige mens is verwoestend en kan selfs tot ernstige gesondheidsprobleme lei.

Op grond van hierdie navorsing het Helpende Hand 'n program ontwikkel om senior burgers weer 'n lus vir die lewe te gee, eensaamheid te verlig en die verouderingsproses effens te vertraag. Dié program genaamd Seniors in Aksie word landswyd deur maatskaplike werkers in samewerking met Helpende Hand-vrywilligers uitgerol, en die terugvoer is verstommend.

Daar is min dinge wat jou siel so kan vervul as om tyd met 'n bejaarde te spandeer en die vreugde te ervaar wat jou interaksie aan die bejaarde bring. Kontak Helpende Hand gerus om by die Seniors in Aksie-program in jou gemeenskap betrokke te raak.

Kontakbesonderhede

Stuur 'n e-pos na diens@helpendehand.co.za