Simposium oor gemeenskapsontwikkeling

Simposium oor gemeenskapsontwikkeling

Volhoubare gemeenskapsontwikkeling

in die Afrikaner-konteks Hoe lyk dit?

 

Solidariteit Helpende Hand se fokus is maatskaplike gemeenskapsontwikkeling deur hulpbronne, energie en tyd aan volhoubare oplossings te bestee. Gemeenskapontwikkeling is nie ’n enkele organisasie, besigheid of gemeente se verantwoordelikheid nie, maar ons almal s’n.

U word hartlik uitgenooi om saam te kom luister na kenners op die gebied van gemeenskapsontwikkeling op ekonomiese, maatskaplike en opleidingsvlak. Kom luister, vra vrae en dink saam met ons oor hoe ons saam gesonde en funksionerende gemeenskappe kan ontwikkel.

Want saam verseker ons voorspoed in ons gemeenskappe.

Sprekers soos Dawie Roodt, Flip Buys, Danie Goosen en Dirk Hermann gaan tydens die geleentheid optree, met ruim geleentheid vir bespreking.

 

Datum: 17 Mei 2022

Plek: Leriba Lodge, Centurion
Tyd: 08:00 – 14:00
Koste: R250

Die simposium word ook regstreeks uitgesaai.

Om die skakel daarvoor te ontvang, registreer (gratis) deur op dieselfde skakel te klik.

Simposium

Sorry. This form is no longer available.