#Boesemvriendinne

Borskanker is ’n diagnose wat geen vrou ooit wil kry nie, en daar is nie veel wat enigiemand van buite kan doen om die nuus te versag nie. Baie mastektomie-pasiënte wat kan, kry terselfdertyd ’n bors rekonstruksie, maar vir baie vroue is dit nie bekostigbaar nie, en die verlies wat hulle ervaar is diepgaande. Dit is waar Helpende Hand se Frouevonds met die idee vorendag gekom het om hul jaarlikse brei-projek in 2021 te wy aan die maak van sagte bors prostese vir behoeftige vroue wat ’n bors verloor het. Die Frouevonds, wat binne Helpende Hand gestig is om vroue te bemagtig, spel sy naam juis so agterstevoor omdat dit wil wys dat dinge soms verkeerd loop in die lewe.

Helpende Hand het baie vrywilligers wat kranige breiers is, vandaar die jaarlikse Breinaald-projek waarmee mense se brei talent vir welwillendheid projekte ingespan word. Vanjaar se projek is saam met Kansa van stapel gestuur onder die vaandel van #Boesemvriendinne met die idee om tot en met Oktober, wat borskankerbewustydsmaand is, prosteses te brei vir vroue wat nie ‘n silikoon prostese of bors rekonstruksie kan bekostig nie.

’n Brei-pakket is saamgestel met die brei- of hekel-patroon, wol en vullings materiaal om een prostese te maak. Hierdie pakkette, wat vir R60 gekoop kan word, word dan versprei onder vrywilligers wat saam wil brei. Geldelike bydraes is welkom, en word aangewend om nog brei pakkette te maak. Eenmalige skenkings kan by helpendehand.co.za/donasie gemaak word met BREIKANSA as die verwysing. Breiers wat wil saam brei is baie welkom, en kan by [email protected] meer hoor oor hoe om betrokke te raak.

Ondersteun Helpende Hand se boesemvriendinne-projek deur vandag vir jou personeel elk 'n paar 'funky' sokkies te koop!
Dit word gratis versend en kos slegs R150 per paar.

2022-07-12 10_32_08-Window
2022-07-12 10_32_21-Window

"*" indicates required fields

Volle name*
Hoe wil jy graag betaal?

Wil jy jou sokkies graag self afhaal by Helpende hand hoofkantoor of moet ons dit vir julle aflewer?
Wit sokkies - (Size 4-7)
Hoeveelheid
 
Wit sokkies - (Size 8-12)
Hoeveelheid
 
Navy sokkies - (Size 4-7)
Hoeveelheid
 
Navy sokkies - (Size 8-12)
Hoeveelheid
 
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Wat maak hierdie sokkies so spesiaal?

 

Die sokkies:

- is naatloos om blase te voorkom;

- bestaan uit ’n liggewigmateriaal om jou voete koel en droog te hou;

- het ’n Y-vormige hak om gemaklik te pas en maklik aan te trek;

- het ’n elegante voorkoms en gevoel aan die binnekant;

- het geen tossels en los garings nie;

- het ’n 16 cm-mansjet vir alledaagse drag en alle sportsoorte;

- het HTFU-tegnologie (wat keer dat jy gly);

- se verpakking kan weer gebruik word; en

- word in Suid-Afrika vervaardig.

 

Met die aankoop van hierdie sokkies maak jý ’n groot verskil!

Boesemvriendinne_Kleur-01
FV-Logo-01
logo
weblogoArtboard 1 copy 2
weblogoArtboard 1
weblogoArtboard 1 copy