Sol-Tech studiefonds

Sol-Tech Studiefonds

“Ontwikkeling moet gesien word as die uitbreiding van vryheid wat mense kan geniet” – Amartya Seng (Nobelpryswenner en ontwikkelingsekonoom).

Opleiding en ontwikkeling word as van die belangrikste pilare in ‘n land geag. Die realiteit is egter dat dit in ʼn vermoeiende Suid Afrika slegs deur gemeenskapsamewerking ontwikkel kan word. Die oprigting van Sol-Tech dien as ʼn konkrete vergestalting van die Afrikanergemeenskap se onwrikbaarheid, selfs in die uitdagendste tye.

Ten einde terug te ploeg in die gemeenskap, streef die Helpende Hand-studietrust om behoeftige jongmense, wat geseënd is om prakties te dink, met hul hande te werk en wêreldgehalte strukture op te rig, deur die Sol-Tech-studiefonds by te staan. Hierdie jongmense is ons toekomstige ambagsmanne en ambagsvroue; die dryfkrag agter ‘n sterk ekonomie.

Ondersteun vandag ‘n behoeftige Sol-Tech-student, deur ‘n eenmalige of maandelikse skenking aan die Sol-Tech-studiefonds te maak, en verwesenlik hiermee iemand se droom. Benewens die voorafgenoemde skenkingsmetodes kan jy ook ‘n testamentêre bemaking oorweeg. Vir meer inligting kontak gerus vir Zander Botha by [email protected]

Skenk hier

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Testamentêre bemakings

Laat ʼn blywende erfenis na en oorweeg die Helpende Hand Studie Trust as ʼn begunstigde in u testament.