SOS se aanbod in ’n neutedop 2

SOS is hier om skole te red

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat gaan toesien dat Afrikaanse skole onderrig van wêreldgehalte kan bied en nog vir jare gaan voortbestaan.

Die SOS bied professionele ontwikkeling vir onderwysers en vaardighede vir skoliere in vakke soos Wiskunde en Afrikaans.

Die organisasie het die noodsaaklikheid van gehalte-onderwys in enige samelewing besef en ook die enorme invloed wat onderwysers op leerlinge en hul uiteindelike sukses het. Boonop is gelukkige, goed toegeruste onderwysers se entoesiasme aansteeklik en syfer dit ongetwyfeld deur na die leerlinge. Juis daarom is twee professionele beroepsorganisasies gestig wat spesifiek omsien na die belange van onderwysers wat Afrikaans as huistaal en Wiskunde aanbied.

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (V. A.W.) is die enigste beroepsvereniging vir alle wiskundeonderwysers in Suid-Afrika. Hulle bied beroepsondersteuning aan Afrikaanse wiskundeonderwysers of enige persoon met ’n belang in wiskunde. Dit is in die vorm van driedag-wiskundekongresse, eendag-wiskundekursusse asook korter middagseminare.

Die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) is het ten doel om deur middel van onder meer vakgerigte seminare en die samestelling van verskeie vak- en tegnologiese hulpmiddels die nodige steun aan Afrikaanse onderwysers te bied.

By hierdie verenigings se kongresse, kursusse en seminare word daar klem gelê op die holistiese professionele ontwikkeling van Afrikaans- en Wiskundeonderwysers. Die opleiding behels onder andere opleiding in tegnologie asook vakinhoud om sodoende onderwysers met die nuutste onderrigmetodes te bemagtig. By die middagseminare word kundiges genader en word gedagtes uitgeruil oor gehalte-onderrig in Afrikaans.

Toer21

In 2016 gaan GeRAT en die V.A.W. ’n spesiale toer regdeur die land onderneem en 21 dorpe besoek. Daar sal twee middagseminare op elke dorp vir die dorp se onderwysers aangebied word. Die seminare sal fokus op breinprofielontleding, leierskapopleiding vir skoolhoofde, tegnologie in die klaskamer, produkte vir grondslagfase en psigometriese toetse, met spesiale fokus op die vakgebiede Afrikaans en Wiskunde.

Die koste verbonde aan bywoning is R100 per dag, maar lede van die V.A.W. en GeRAT kan dit gratis bywoon. Die eerste ronde vind op 26 en 27 Januarie in Pretoria plaas.

WSpel-instruksies
Toer 21 Dekkingsbrief 2016

Die Markplein

Die Markplein is ’n Afrikaanse webblad waar onderwysers en leerlinge produkte soos vraestelle en werkkaarte kan koop en verkoop. Hoewel die eerste produkte wiskundig van aard is, word beplan dat Die Markplein binnekort produkte van alle skoolvakke sal bevat (www.diemarkplein.co.za).

Wiskunde-, lees- en loopbaan-apps

Die eerste Afrikaanse wiskunde-app met die naam Wiskunde Hupstoot is rééds op die App Store beskikbaar. Graad 11- en 12-leerlinge ontvang gratis Afrikaanse video’s wat wiskunde verduidelik saam met die app.

Die eerste Afrikaanse lees-app van sy soort (www.leesapp.co.za) en ’n alfabetboekie is op Toep Store en Google Play beskikbaar. Hierdie apps is ontwikkel om graadeen-leerders te leer lees.

Die Loopbaan-app sal vroeg in 2016 ’n eenstopdiens wees waar leerlinge inligting oor universiteite, vakkeuses, TPT-tellings en relevante inligting vir loopbaanbeplanning kan kry.

Wil jy jou wiskundepunte verbeter?

Wees deel van die VAW se wiskunde-winterskool wat by Akademia se agt landwye sentra aangebied word. Wiskunde-onderwysers gaan wiskundelesse gelyktydig aan tot 300 leerlinge landwyd vanaf die uitsaaisentrum in Centurion aanbied.

Kry ons nuus eerste!
Teken in op ons nuusbrief om al die nuutste ontwikkelinge van Solidaritet Helpende Hand te kry!
Teken in
Sien uit om jou te ontmoet!
close-link

Besonderhede van Donasie:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND
Rekeningnommer: 62331447541
Tak: CENTURION
Takkode: 261-550
Verwysing: Studiefondssentrum

Laai die bankbesonderhede hier af: klik hier

Kontakbesonderhede:

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
webwerf: https://studiefonds.co.za

Hoof van Studiefondsentrum 

Tel: 012 644 4428
E-pos: [email protected]
Sel: 076 424 1400