Susanna Smit Studiefonds

Die FroueVonds* vernoem hul rentevrye studiefonds na Susanna Catharina (Maritz) Smit, ook bekend as die geliefde Susanna. “Ons trek liewer kaalvoet oor die Drakensberge…”, was destyds haar woorde. Sy is die voorloper vir soveel vroue in Suid-Afrika wat stukkie vir stukkie oor hul eie denkbeeldige Drakensberge moet trek.

Deur die Susanna Smit Studiefonds, wil die FroueVonds ʼn pad oor die berg moontlik maak vir meisies en vroue wat nie ʼn tersiêre kwalifikasie kan bekostig nie. Ons glo in die vermoëns van die moderne vrou en weet dat daar dieselfde dryf en uithouvermoë in elkeen is, ongeag hulle konteks of omstandighede.

* Die FroueVonds word met opset verkeerd gespel om aan te pas by ons leuse, “want alles loop nie altyd reg nie”.

E kaarte_Susanna Smit Studiefonds-01

Susanna Smit donasie

  • R0.00
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.